Successfully reported

Sesambos Gastehuis

Selfsorg

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Michiel V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2025

Gemaklik, privaat en rustig. Ons het een nag oorgeslaap en dit was 'n goeie nag. Alles was gemaklik, skoon en reg. Die bed slaap baie lekker en die stort se waterdruk is baie goed. Ons kon rustig en privaat op die stoep sit. Dit is jammer ons het nie raak gelees dat ons daar kan braai nie, maar ons sal dit beslis volgende keer onthou. Ons is gereeld in die Tshipise area en ons weet nou waar om ons verblyf te bespreek. Mense kan met 'n lekker hart by die plek bespreek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anzette B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2025

Gemaklik en modern. Ons het die voorreg gehad om die bosveld se natuurskoon vanaf die stoep te beleef. Ons harte verlang nou nog terug. Die kombuis is goed ingerig, die oopplan slaapkamer is ruim, mooi en gemaklik, en die badkamer met die wasbakke, toilet en stort bied alles wat 'n mens nodig het. Die muurprop in die badkamer is veral handig. Die dekor skep 'n moderne bosveldgevoel, met 'n gelooide vel op die vloer, en die mooiste gemakstoele in die leef-/kombuisarea. Die gasvrou het ons vinnig gaan ontmoet. Sy het ons baie tuis laat voel en ons sal weer daar oorslaap wanneer ons op pad is Wildtuin toe.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christo V
1 nag Besigheidsreis
5.0
Mrt 2025

Sal beslis weer daar stop! Sesambos Gastehuis is op 'n baie mooi plek geleë. Dit het my dadelik laat tuisvoel. Daar is net een tipe hout om mee te braai, en dit is mopaniehout - goeie werk! Dit was weer lekker om my vleisie op mopaniehout te braai. Ek het baie lekker geslaap en die naggeluide baie geniet. Ek het die oggend my koffie gedrink met koedoes wat voor die huisie wei. Ek sal beslis weer daar stop. Die bosveldhitte van die somer het my vooraf bekommer, maar die lugverkoeler het gesorg dat ek goed slaap en die hele huisie heerlik koel was.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Juane F
1 nag Besigheidsreis
4.8
Jul 2025

Heerlik, netjies, gemaklik en goed toegerus. Heerlik stil in die natuur. Netjies en alles wat jy nodig het! Selfs goed wat jy nie eers aan kon dink nie, is namens jou aan gedink. Goed toegerus en gemaklik! Adéle is vreeslik aangenaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Adéle Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 7 maande

Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Mount Stuart MT 153, Tshipise, 0901, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf7301a3bb282a410faa2340d5be30bcc7fda839b5f7c18ebe9171d6b3da52628feaa42bb0eb3e1edded2afa6dbf2001433b7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 Farm Mount Stuart MT 153 Tshipise 0901 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -22.678945291488 30.105757795329
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang