Seventeen Lillies
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 lille street, courtrai, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Vanaf R1 540 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Seventeen Lillies is in die hartjie van die bekende en prentjiemooi Paarl in die Wes-Kaap se wynlande geleë en bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n vreedsame omgewing.
Akkommodasie bestaan uit 4 selfsorgkamers met en suite-badkamers. Elke kamer is toegerus met 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolf, wasmasjien, eetgerei, TV met DStv, kluis, sonverhitte water en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Wit perkallinne en handdoeke word voorsien. Gaste het toegang tot braaigeriewe, veilige parkeerplek van die straat af en 'n swembad.
Seventeen Lillies is gerieflik naby 'n aantal restaurante, wynplase, geskiedkundige geboue, winkels en gholfbane geleë. Die Paarl is maklik bereikbaar via die N1 en hoofstraat. Besienswaardighede in die omgewing sluit die Taalmonument, Paarlberg Natuurreservaat, Fairview Wyn en Kaas, Boschenmeer Gholfbaan, Pearl Valley Gholfbaan en Paarl Mall in. Die dorpies Franschhoek en Stellenbosch is 30 minute se ry en Kaapstad Internasionale Lughawe is 35 minute se ry weg. Paarl is die grootste dorp in die Kaapse Wynlande en is bekend vir sy skilderagtige plattelandse skoonheid, uitstekende wynplase, byderwetse koffiewinkels, ongelooflike argitektuur en vrugteboerderyerfenis.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Mare Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 17 lille street, courtrai, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Gaste dink Seventeen Lillies het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 lille street, courtrai, Paarl, 7646, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang