Successfully reported
+37

Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 100 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandrivier Farm, R323, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Vanaf R300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Op-die-Plaas Kamp is geleë op 'n pragtige werkende plaas genaamd Sandrivier, omring deur die Klein Swartberg aan die een kant en die Elandsberg aan die ander kant. Die plaas is ook 8 km vanaf die bekende Seweweekspoort geleë, wat gaste 'n asemrowende rit deur ongerepte natuur, oor meer as 20 rivierkruisings en op 'n goedversorgde grondpad bied.

Die kampeerplekke is almal naby 'n dam geleë met lekker graskolle en lieflike groot kougombome. Daar is geen elektrisiteit in die kampterrein nie, en warm water word deur gasgeisers opgewek. Die gemeenskaplike ablusieblok het aparte dames- en mansgeriewe. Beide toegerus met storte, toilette en wasbakke.

Hout en ys is beskikbaar. Braaipakke en vars plaasbrood is ook op versoek beskikbaar.

Aktiwiteite op ons plaas sluit in om die koeie te melk, saam met die boer te ry om te kyk na die skape en beeste in die veld, of om in die plaasdam te swem om tyd te verwyl.

Baie foto-oomblikke met al die voëllewe op die dam, berge rondom, perde wat vrylik op die plaas rondloop. Swartbaars in die dam by die kampterrein. Bergfietse en 4x4's is welkom. Die pad op en oor Elandsberg na Elandskloof is vir die meer avontuurlustiges.

Dít is wat jy hier sal kry

Troeteldiere op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Trudie B
5.0
Stille, natuurskoon kamp. Wat 'n rustige, mooi kamptrein. Mooi uitsig oor die berge in die afstand en lekker voetslaanpaaie. Ablusies is skoon en alle...
Sien meer
Okt 2025
Dick D
5.0
Absoluut fantasties! Saam met my seun en dogter het ek vir 3 nagte op die plaas gekamp. Dit was 'n fantastiese ervaring. Die plaas is pragtig tussen d...
Sien meer
Jan 2025
Luhandre L
Saam met lewensmaat
5.0
Great stay. Great stay, clean. There is a nice pool and a lot of privacy.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Jan-heinrich N
Saam met vriende
5.0
Rustig, lekker, goeie geriewe, gemaklik. Ons het baie lekker gebly en sal weer kom, mal oor die lekker kuier area en al die geriewe. Baie dankie.
Okt 2024
Heinz G
Saam met lewensmaat
5.0
Quiet, peaceful, nice to be off grid, friendly staff. It was so good to get out of the city and to be able to just enjoy the surroundin...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Jonel Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 45

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Sandrivier Farm, R323, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 100 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandrivier Farm, R323, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3d8c530cedd50017fd73271494069739a5d9727ed8b7252305ad53ff666915506973ec4c079305f0643a5d6adaf4faba3668?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R300 per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 Sandrivier Farm R323 6900 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -33.365444 21.328639
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang