Successfully reported
+137

Shark Cove

Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 16 Okt 2025 tot 30 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Du Toit Street, Kleinbaai, Van Dyks Bay, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 R638 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Shark Cove is in die kusdorpie Van Dyksbaai, 200 m vanaf die see en 500 m vanaf Kleinbaai se hawe. Die huis en kothuis het nie 'n direkte see-uitsig nie.

Verblyf word in 2 selfsorg-eenhede, Shark Cove Little-kothuis en Shark Cove Huis gebied.

Shark Cove Huis is baie ruim, gerieflik en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander kamer het 2 driekwartbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n bad, stort en 'n toilet. Die leefarea het 'n slaapbank wat vir 2 kinders geskik is. Die oopplan-kombuis is met eetgerei, breekware, glase, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof en 'n etenstafel met stoele toegerus. Die aparte waskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die lekker ruim leef- en sitarea het 'n binnebraai, 'n TV met die DStv Compact Plus-pakket en 'n lessenaar. Daar is ook onbeperkte WiFi. Buite aan die agterkant is daar houtbankie, tafel en 'n braai. Die eenheid het 'n toesluit-motorafdak en aan die linkerkant van die huis is daar ekstra parkeerplek vir nog 'n voertuig. In totaal kan slegs 6 gaste (kinders ingesluit) geakkommodeer word.

Shark Cove Little-kothuis is baie klein en bied slaapplek aan 2 gaste en dit is 'n stylvolle kamer. Hierdie klein gastekamer het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Die kamer het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf, broodrooster, yskassie, eetgerei en breekware. Komplimentêre badhanddoeke word voorsien. LET WEL daar is Geen TV, braai- of kookgeriewe nie. Daar is wel WiFi en 'n klokradio

Albei eenhede kan ook as geheel bespreek word en dit het dan slaapplek vir 8 gaste in totaal wat kinders insluit.

Ongelukkig word geen diere toegelaat nie

Akitiwiteite in die omgewing sluit haaihokduik en walviskyk in. Die wêrelbekende Shark Valley wat spesialiseer in Grootwithaa-ekspedisies is naby. Dyereiland en Geyser Rock is ook baie gewild.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Baie goed

Netheid
4.9
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Neil M
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderful. Highly recommended. Wonderful place. Only a very minor issue was that it was not clear that photos were for the main house a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Coleen F
Saam met vriende
5.0
Lekker in rustige omgewing. Huis is lekker ruim en netjies en goed toegerus. Sal definitief dit weer gebruik.
Jan 2025
Collin J
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was van top gehalte en die prys was reg. Weereens baie dankie. Hi, jammer vir die ongerief dat ek nie laat laat weet het nie, maar ons sal beslis ...
Sien meer
Mei 2024
Anne H
Saam met lewensmaat
5.0
Kort maar lekker. Baie lekker en netjies. Sal definitief weer daar bly.
Apr 2024
Veronica D
4.6
It was quiet, peaceful and very relaxing. The apartment was very well equipped, safety was a priority and instructions were very clear....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Marianne Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 119

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 4 Du Toit Street, Kleinbaai, Van Dyks Bay, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Shark Cove het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
R 850 R 638
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R850
R 850 R 638
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
R 850 R 638
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Du Toit Street, Kleinbaai, Van Dyks Bay, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdf4845b86d5bf4a5f7dd483b871f48c7a229e29f15b44aa2dc2f4db54eec6f227d28fecd73bafc191850a34e82dfaab40aef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R638 per nag (plek vir 2) 40 5 1 5 4 Du Toit Street Kleinbaai 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.612846538787 19.358544674453

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang