Silversands Villa
Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 21 Aug 2025 tot 30 Nov 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 142 Golden Mile Boulevard, Britannia Bay, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
-
Vanaf
R5 155R3 609 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Silversands Villa is 'n selfsorghuis by die strand in die idilliese kusdorpie St. Helenabaai. Die huis spog met 'n pragtige uitsig oor die see en is die perfekte plek vir die hele gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek stapafstand vanaf die strand.
Die smaakvol versierde huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en vierde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Gaste deel die badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus en het 'n toonbank met 3 stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n koffietafel en 'n TV met DStv en die eetarea het 'n etenstafel vir 8 gaste. Die huis spog ook met gratis WiFi en sonkrag in die geval van kragonderbrekings.
Gaste kan in die welige tuin ontspan, by die braai kuier of 'n heerlike al fresco-ete op die stoep geniet. Gaste het ook direkte toegang tot die strand, wat net 'n entjie van die voordeur af is, waar hulle 'n verskeidenheid wateraktiwiteite kan beoefen.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Sune Geverifieer
Eiendomme 16
Resensies 110
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 142 Golden Mile Boulevard, Britannia Bay, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Silversands Villa het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 142 Golden Mile Boulevard, Britannia Bay, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang