Successfully reported
+25

Simbalina-on-sea

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 46 Compensation Beach Road, 9 Simbalina, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Simbalina-on-sea is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Ballito. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n gesinswegbreek aan die Dolfynkus, want hierdie woonstel het lieflike see-uitsigte en direkte toegang tot die strand.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie vierde slaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander slaapkamers maak gebruik van die derde badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar. Dié spasie het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Deur die skuifdeure is 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele asook 'n Weber-braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl jy die see-uitsigte bewonder. Daar is 'n lieflike promenade voor die kompleks wat ideaal is vir gaste om 'n kuswandeling te geniet. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
TV
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Michelle M
Gesin met tieners
5.0
Amazingly awesome. Wow! What an amazing stay. Best ocean view and no need for driving anywhere. Our stay and welcome were amazing. Will...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Helene N
Saam met lewensmaat
5.0
Hopeloos te kort. Sal Simbalina enige tyd aanbeveel.
Nov 2024
H E
5.0
Relaxed and fully recharged. A place to return to. Soothing sound of the waves. Beautiful sea view from the kitchen, patio, lounge and ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Astin G
Gesin met tieners
5.0
Really enjoyed the stay there. Location is amazing, really safe for all ages, apartment was clean and neat, really worth the price for ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Hennie R
Saam met vriende
5.0
Die plek was een van die bestes wat ons nog by was. Daar is geen negatiewe. Dit was werklik 'n heerlike plek en ons sal dit spoedig weer gebruik.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Carol Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 46 Compensation Beach Road, 9 Simbalina, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Simbalina-on-sea het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 46 Compensation Beach Road, 9 Simbalina, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa3447b31facbf0f7b027645b4ae70fccd1b0d12f697369e95119e6d122d6fc1e5774bf78f0c53b4a0793f6ed5e9cf71c6de0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8) 12 5 1 5 46 Compensation Beach Road 9 Simbalina 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -29.5416042 31.2167795
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang