Sixteen on Bree 1425
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 16 Bree Street, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
- Vanaf R1 523 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sixteen on Bree 1425 is 'n kontemporêre selfsorgwoonstel op die veertiende verdieping in 'n veilige woonstelgebou in die Kaapse middestad. Dit is die ideale blyplek vir 'n paartjie of sakereisiger.
Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die badkamer het 'n groot instapstort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoeltjies toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien in die kombuis. Die kombuis lei na 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV.
Gratis WiFi, 'n gemeenskaplike swembad, buitelug-gimnasium en veilige parkeerplek is beskikbaar. Hierdie verblyf word nie deur beurtkrag geraak nie aangesien dit 'n kragopwekker het. Die woonstel is stapafstand vanaf talle goeie restaurante en die beroemde V&A Waterfront is net 'n kort entjie se ry van die woonstel af.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
FZP/CTHA Geverifieer
Eiendomme 82
Resensies 329
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 16 Bree Street, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 16 Bree Street, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang