Successfully reported

Skaapkraal

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Ernst V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Heerlike naweek! Skaapkraal was 'n absolute plesier – ek sal dit beslis aanbeveel. Die ligging is uitstekend, die huis is smaakvol en gerieflik ingerig, en dit voel baie veilig. Perfek vir 'n rustige wegbreek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charl S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Heerlik gebly met alle geriewe wat jy nodig het - see op jou voorstoep 'n bonus. Goeie vooraf kommunikasie en instruksies van Martelize. Skoon met alle geriewe vir 'n gerieflike kuier. Miskien nie die modernste uitleg nie, maar die stoep met uitsig oor die see is heerlik vir kuier met vriende of familie. Die ligging naby Blou Sloep is onverbeterlik en daarom beslis waarde vir geld. Ek sal dit beslis weer oorweeg as verblyfopsie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jacqui D
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2025

Beautiful beachfront home with everything you need, excellent fishing! We had a wonderful stay at Skaapkraal! The beach home is beautifully decorated and perfectly located right on the beachfront — we could walk straight from the house to the rocks for fishing. The home had everything we needed for a comfortable stay, and the self check-in process was smooth thanks to the clear and detailed instructions from the host. The host was also incredibly helpful and understanding, offering great tips on fishing spots in the area. We truly enjoyed our time here and will definitely be visiting again. Thank you for a lovely experience!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chantelle B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2025

As jy wil ontspan, is hierdie beslis die regte plek. Die uitsig was fantasties. So rustig en baie lekker om te ontspan. Sal beslis weer hier bespreek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Minette N
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Feb 2025

Heerlike verblyf met die beste, vriendelikste diens. Lekkerste wat ons al in 'n lang tyd gebly het. Eienaar was so vriendelik en behulpsaam. Mooiste ligging so naby aan die see sodat mens golwe kan hoor. Skaapkraal sal my definitief weer sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Martelize
Skaapkraal
Hallo Minette Baie dankie vir jou mooi resensie. Dit maak my hart so bly om te hoor dat julle dit net so baie geniet soos ons - dis ons hartsplek en 'n voorreg om te kan hoor wat mense soos jy sê. Ek waardeer dit baie dat jy die moeite gedoen het om 'n resensie te skryf. Baie dankie daarvoor. Groete, Martelize

Ashley Jason L
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2025

Relaxing, peaceful. Relaxing, close to the beach for snorkelling, fishing and swimming. The house is big enough so each can have their space. The house was clean, neat and tidy; owners very friendly and helpful.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Martelize
Skaapkraal
Dear Ashley, Thank you for your kind and positive review. It is much appreciated. Guests like you are always a pleasure to welcome. Sincere thanks to you. Martelize

Suzanne H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mrt 2025

Heerlik gekuier met die beste ligging. Ons het vreeslik lekker gebly en die ontvangs was baie vriendelik. Die eienaar van die plek is 'n opregte mens se mens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Juanita E
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Apr 2025

Great weekend away to relax in a serene environment. We had everything we needed. Loved the indoor braai and the sound of the ocean. It was lovely!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Ruané V
1 nag Saam met vriende
5.0
Okt 2024

Onvergeetlik, vir altyd gekoester. Skaapkraal. Die naam mag dit dalk laat klink asof hierdie stukkie bederf op 'n plaas geleë moet wees, maar dit is als behalwe! Rustig, teen die see is hierdie kraal geleë. 'n Bederf-plek vanwaar jy kan kom sit op 'n lê-sitbank en die see kan sien, kan ruik en kan hoor! Waar stilte jou kan kom volmaak in hierdie gejaagde lewe! Skaapkraal is waar mense, soos skape, in die dag én met sonsak, hul plek kan kom inneem by die Blousloep om te wag dat die son sak en ons, ons hemelse Vader se skepping kan beleef! Wat 'n besonderse plek om jou hart rustig te kan kom maak en jou visvang-, swem- en vuurmaak-emmers heerlik te kan volmaak. Skaapkraal, ons sien jou binnekort weer. Dankie vir jou vriendelike en hartlike gasvryheid! Dankie dat julle jul mooi met ons ook deel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Martelize
Skaapkraal
Beste Ruane Hierdie spesiale terugvoer vat so raak hoe ons as eienaars self oor die Skaapkraal voel. Dit is ons wens dat gaste dit sal beleef soos jy dit beskryf. Baie dankie vir jou moeite om 'n opregte raakvat-resensie te skryf. Dit maak ons harte baie bly om dit te lees. Met hartlike groete Martelize

Nicolene J
Kort verblyf
5.0
Jun 2024

Absoluut fantasties! Baie dankie aan die beste gasvrou ooit, Martelize! Awesome plekkie, baie netjies, skoon en die binnehuise versiering uit 'n prentjieboek. Ons het so tuis gevoel, alles soos op die fotos en die prys elke sent werd. Ons worshondjies was welkom, veilige omheinde erf. Die uitsig is asemrowend. Weereens dankie, sal hierdie plekkie beslis aanbeveel - een van die mooiste en beste naweke wat ons gesin nog gehad het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Martelize
Skaapkraal
Beste Nicolene, Baie dankie vir jou opregte en positiewe resensie. Ek het groot waardering daarvoor dat jy die tyd geneem het om dit te skryf. Dit is vir my lekker om te hoor dat julle die Skaapkraal geniet het soos ons doen en dit maak my hart bly om dit dan juis met julle te kon deel. Julle was wonderlike gaste. Groete en met dank.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Martelize Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 52

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
R 1 250
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 250
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 67 Sea View Drive, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9319cfc4f2c622999abd8a5d34160ce95632a53003efdebe86d9fc19a88c675a3fe5359a7a97e7ad71840e08bb3faee19a74?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense 11 5 1 5 67 Sea View Drive Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.6133 19.384246

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang