Successfully reported
+5

Skoene Uit @Hillside

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 President Swart Crescent, Bethulie, 9992, Vrystaat
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Skoene Uit @ Hillside bied gerieflike oornagverblyf op dieselfde perseel as Hillside Guesthouse, maar is privaat en apart van die hoof-eenheid. Skoene Uit @Hillside is 'n selfsorgeenheid en daar is gratis parkeerplek onder 'n skadunet-afdak.

Dié ateljee-eenheid is geskik vir 2 gaste en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is met 'n yskassie, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n gasstoof toegerus.

Verder is daar 'n TV met Openview-kanale en HDMI-opsies vir Netflix en Disney+. Gaste moet hul eie intekenbesonderhede gebruik. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is alternatiewe krag beskikbaar tydens beurtkrag wat die WiFi en sekuriteitskameras aandryf. Sonkragligte is aangebring om die erf te verlig.

Buite is daar 'n stoep met sitplek en braaigeriewe. Dié eenheid is die ideale oornagstop vir gaste op pad na hul bestemming of gaste wat 'n paar dae se besoek aan die besonderse dorp wil aflê.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Lente Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 27

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 6 President Swart Crescent, Bethulie, 9992, Vrystaat
  • Gaste dink Skoene Uit @Hillside het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 800
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 President Swart Crescent, Bethulie, 9992, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA76cd94b344a14dc3a4189db2eb0599cceb3e414d6bbc3cba55b00bd0a9426ca8528b0acc270fa44f7b31027c431835637896?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 9 5 1 5 6 President Swart Crescent Bethulie 9992 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.493826392887 25.968479263408
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang