Successfully reported
+87

Spruitjie-roer-my-nie

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 54 Spruit Street, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Vanaf R3 310 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Spruitjie-Roer-My-Nie is 'n gerieflike, baie ruim 80 vierkante meter woonstel met slaapplek vir 4 tot 6 gaste in Potchefstroom.

Dié eenheid is op die hoofhuis se perseel en het 'n privaat ingang en tuintjie. Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Die sitarea het 'n enkel- en driekwartbed met rusbanke wat in 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed omskep kan word.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n kragopekker en 'n gasstoof met 'n ketel vir gebruik tydens beurtkrag. Die leefarea het die volledige DStv-pakket asook Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die woonstel het 'n alarmstelsel.

Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Veilige onderdakparkeerplek met beligting is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar. Mooirivier Sekuriteit (grootste in Potchefstroom) is oorkant die woonstel.

Daar is 'n braai-area beskikbaar om heerlik saam met familie, vriende en kinders te kuier.

Spruitjie-Roer-My-Nie is 400 m vanaf Mooimed Hospitaal, 1.9 m vanaf Medi Clinic Hospitaal, 800 m vanaf Senwes Park, 1,7 km vanaf Noordwes-Universiteit, 850 m vanaf NWU-sportgronde, 500 m vanaf Spar, 500 m vanaf The Broken Pot Restaurant, 500 m vanaf Laerskool Mooirivier, 1.2 km vanaf Hoërskool Gimnasium, 950 m vanaf die Aardklop-gronde, 3 km vanaf die Mooirivier Mall.
Potchefstroom bied verskeie besienswaardighede, soos die Boskopdam, Boskop Seiljagklub en Buffelsvlei Wild Park.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Leefarea

6

2 x Enkelbed / Driekwartbed

2 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Dewet B
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike kuier. Baie goed geleë en veilig met parkering. Die woonstel is ruim, netjies en goed toegerus. Daar is 'n eie tuintjie met braai geriewe. ...
Sien meer
Okt 2025
Martin D
Gesin met tieners
5.0
Sal vir seker aanbeveel. Baie lekker gebly. Baie gemaklik en ruim. Alles wat 'n mens nodig het, is hier. Gasvrou is baie vriendelik en behulpsaam.
Sep 2025
Francois P
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike plekkie. Uitstekende verblyf.
Sep 2025
Daniel Petrus B
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable and cosy. A lot of attention to detail - the small things matter for Spruitjie-roer-my-nie.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Nico B
Gesin met tieners
5.0
Baie mooi en alles wat mens nodig het vir my 100 uit 100. Sal altyd teruggaan na Spruitkie-Roer-My-Nie vir naweek alles skoon en tuin baie mooi.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 54 Spruit Street, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Gaste dink Spruitjie-roer-my-nie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 310
per nag, vir 5 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 310
per nag, vir 5 mense
Vanaf
R 3 310
per nag, vir 5 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 54 Spruit Street, Potchefstroom, 2520, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMJicPMtlUAkcPlusVBQErhkcwnbSheiLtHUuDnmw4GZoyhI9Mt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 310 per nag, vir 5 mense 65 5 1 5 54 Spruit Street Potchefstroom 2520 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.702113888234 27.096729317791
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang