Successfully reported
+70

St Helena Bay Hotel

  • Kapasiteit: 103 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Main Road, St Helena Bay Hotel, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

St Helena Bay Hotel is aan die Weskus net 'n bietjie meer as 'n uur se ry van Kaapstad af geleë. Die hotel is 'n rustige toevlugsoord, maar spog steeds met 'n hele reeks geriewe.

Dieverblyf bestaan uit luukse en suite-hotelkamers, selfsorg-chalets en rugsakreisigershutte met en suite-badkamers. Die binnehof het 'n beskutte braai-area met 'n pragtige uitsig waar gaste in die middag kan braai.

Die Whale Creek Restaurant en Shipwreck Pub het sitplek vir 50 gaste en bied lieflike uitsigte oor die baai. Gaste kan ook op die veranda buite eet en die rus en vrede in ons privaat sitkamer geniet. Die kroeg het sy eie unieke karakter en is een van die oudste kroeë in die baai aangesien vissermanne destyds na 'n dag se harde werk op die see mekaar daar gekry het.

Die hotel het ook 'n konferensielokaal met sitplek vir 50 afgevaardigdes en 'n ruim funksielokaal met plek vir 200 gaste. Die funksielokaal het sy eie kroeg en kombuis en is ideaal vir troues, 21ste verjaarsdagpartytjies of enige ander funksie.

Alhoewel die hotel 'n ontspanne atmosfeer het is daar heelwat doendinge in die omgewing, soos vlieërbranderplankry, visvang, voetslaan, voëlkyk en gholfspeel, om maar 'n paar te noem.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Spa
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

3.6/ 5

Gebaseer op 102 resensies

Goed

Netheid
3.5
Ligging
3.7
Waarde vir geld
3.4
Diens
3.7
Veiligheid
3.8
Gaste se hoogtepunte
Nico P
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig maar met Weskus vriendelikheid. Werklike Weskus diens en vriendelikheid.
Apr 2025
Glenda B
Gesin met tieners
5.0
Was net 'n vinnige kuier maar ons sal beslis weer daar bly. Ons het baie lekker gebly. Swembad was silwer skoon en vlak genoeg dat my dogter op haar e...
Sien meer
Des 2024
Willem W
Gesin met tieners
5.0
Lekker gebly! Uitstekende diens & baie vriendelike personeel.
Aug 2024
Suzette V
Saam met lewensmaat
4.4
Ontspanend; rustig. Ons het die tydjie en ons verblyf geniet. Ontbyt was nie veel van 'n verskeidenheid nie, maar dit wat voorgesit was, was lekker.
Apr 2025
Tinus J
Saam met lewensmaat
4.4
Die hotel self is baie afgeleef. Personeel was behulpsaam. Mikrogolfoond was geroes en het krag getrip. Van die blinds was stukkend. Kroegvoorraad bai...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.6/5

Lorette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 102

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 45 Main Road, St Helena Bay Hotel, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink St Helena Bay Hotel het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 103 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Main Road, St Helena Bay Hotel, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgxNTNlNmQzLTg2NGItNDI4Yy1hNDExLTI4NjVmMWE0MGJmZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 102 5 1 4 45 Main Road St Helena Bay Hotel 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.788875982931 18.056567055225
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang