Successfully reported
+144

Stay Harties Accommodation

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 59 Beethoven Road, Melodie, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
  • Vanaf R1 180 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Stay Harties Accommodation bied ontspannende selfsorgverblyf op 'n lieflike, privaat landgoed in Hartbeespoort. Dit is sentraal en naby restuarante, koffiewinkels, winkelsentrums en besienswaardighede.

Gaste kan tussen eenhede vir 2 tot 6 gaste kies en die eenhede het elk 1 of 2 slaapkamers met 'n en-suite badkamer met 'n stort en 'n toilet.

Elk van die eenhede het 'n ruim leefarea met 'n oopplan-kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware toegerus is.

Die privaat sitareas het elk 'n slim-TV en WiFi. Die eenhede het nie toegang tot enige kanale of DStv nie, maar gaste kan hul eie intekenbesonderhede gebruik om Netflix, Showmax en DStv Stream te kyk.

Elke eenheid het sy eie ingang en meeste eenhede het privaat braaigeriewe. Onderdakparkeerplek is beskikbaar en klein troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.

Die landgoed bied verskeie piekniek- en braai-areas en 'n groot swembad vir gaste om te gebruik. Gaste moet asb. hul eie swemhandoekke saambring. Daar is ook ‘n klimraam vir die kinders om op te speel.

Hartebeespoort bied aktiwiteite soos riviervlotvaart, bootvaarte, abseil, perdryroetes, warmlugballonritte, 4x4, bergfiets- en vierwielmotorfietsroetes, voetslaan en stap. Gaste kan ook die Borakalalo Reservaat, Hartebeespoortdam se akwarium en die Harties-kabelweg besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
Vervoerdienste

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 103 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Beatricha R
Gesin met klein kinders
5.0
What an amazing time. Ons het elke oomlik geniet en so welkom gevoel, die kinders kan nie uit gepraat raak van die lekker tyd daar nie en hoe lekker d...
Sien meer
Jul 2025
Tracy C
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, netjies en skoon. Baie lekker gerieflik gebly.
Apr 2025
Anna S
Saam met lewensmaat
5.0
Alles wat nodig is. Heerlik gebly. Alles wat nodig is. Rustig en gerieflik!
Mrt 2025
Sebabatso T
Saam met vriende
5.0
Felt relaxed and enjoyed our stay. The place was so beautiful, clean and their service was outstanding.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Michaela O
5.0
The people are friendly and helpful. The place is in a great location and it's beautiful!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Charles Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 103

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Plot 59 Beethoven Road, Melodie, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
  • Gaste dink Stay Harties Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 180
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 180
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 180
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 59 Beethoven Road, Melodie, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf49565d8510b3f8485cfc56e0bd320114ff34e2823cf3de8a9a0c4b1f73e5fd24a56f783668374abe1801cdf7b8b4f2da1e8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 180 per nag (plek vir 2) 103 5 1 5 Plot 59 Beethoven Road Melodie 0216 Noordwes 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.728904890875 27.900340855122

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang