Successfully reported
+37

Stella Maris 142

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 73 Beach Road, Unit 142 Stella Maris, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Stella Maris 142 is 'n gerieflike woonstel wat toegerus is vir selfsorg in die veilige Stella Maris-kompleks. Dit is net 100 m vanaf Amanzimtoti se hoofstrand en dis naby die Arbor Crossing-winkelsentrum.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamer het skuifdeure wat lei na 'n klein balkon met see-uitsigte. Die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens wat 4 gaste kan akkommodeer. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en koffiekapsulemasjien. Die eetarea het 'n etenstafel met 6 stoele. Die sitarea het 'n L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar. Skuifdeure lei na 'n klein balkon met lieflike uitsigte.

Die Stella Maris-kompleks het 'n 24 uur-ontvangs, sekuriteit en 'n gemeenskaplike swembad en braai-area. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Elna K
Saam met vriende
5.0
Baie mooi plek met pragtige see uitsig. Was heerlik. Pragtige plek.
Aug 2025
Roelf V
Gesin met tieners
5.0
Lekker gerus! Baie lekker gebly, weer was bietjie onaangenaam maar welverdiende rus ingekry. Woonstel was skoon en netjies.
Jul 2025
Reinett M
Gesin met tieners
5.0
All the credit goes to the host, thanks 100 times for the extra favour. Premium beachfront accommodation, inviting atmosphere, contempo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Hannelie V
5.0
Baie lekker gerieflike eenheid. Mooi netjies asook mooi see uitsig. Baie lekker eenheid, mens voel veilig in die omgewing.
Jun 2025
Keagen R
Saam met vriende
5.0
It was very nice. It was what was expected. Very nice.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Richard Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 80

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 73 Beach Road, Unit 142 Stella Maris, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Stella Maris 142 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 73 Beach Road, Unit 142 Stella Maris, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaa248ceb48861e63f6c507f88b9523cc520cb61f375f783f09b231bd2bdd6607d71f35ce8e30ee38b75619d7b977e3d497e6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 6) 41 5 1 5 73 Beach Road Unit 142 Stella Maris 4125 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.05165073865 30.888326063824

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang