Stone Ridge Luxury Self-Catering Units
- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Flamingo Street, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 125 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Stone Ridge Luxury Self-Catering Units is aan die Noordkus van KwaZulu-Natal in die dorpie St. Lucia geleë. Ons bied gehalte-selfsorgverblyf en die eenhede is gerieflik naby verskeie winkels, restaurante en ander geriewe.
Die verblyf is beskikbaar in 2 eenhede, die een het 2 slaapkamers en ander het net 1 slaapkamer. Die tweeslaapkamereenheid bied 'n hoofslaapkamer met 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. In die tweede slaapkamer is daar 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die eenslaapkamereenheid het 'n kamer met 'n koninggrootte-bed en 'n aparte badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Daar is ingeboude kaste en lugversorging in al die slaapkamers.
Elke eenheid het 'n kombuis wat ten volle toegerus is met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n sitkamer met gemaklike sitplek in elke eenheid.
Verder is daar 'n ruim, privaat braaiplek met buitemeubels by sekere eenhede.
Stone Ridge gebruik boorgatwater.
Stone Ridge is owat 2,8 km van die strand af. St. Lucia is ongeveer 2½ uur se ry noord van Durban en dis die ideale wegbreekbestemming vir gaste wat wil wegbreek uit die stad.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Anel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 205
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Flamingo Street, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Stone Ridge Luxury Self-Catering Units het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Flamingo Street, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang