Stories @ Marloth
Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1784 Geelslang Road, Marloth Park, 0312, Mpumalanga
-
Vanaf
R3 700R3 330 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Stories @ Marloth is 'n volledig toegeruste selfsorghuis in Marloth Park, sowat 18 km vanaf die Krugerwildtuin. Dié huis is ideaal vir gaste wat wil wegbreek van die stad se gewoel en ontspan waar die leeus in die agtergrond brul en die son oor die Krokodilrivier sak.
Dié vakansiehuis het slaapplek vir 10 gaste en bestaan uit die hoofhuis en 'n aangehegte woonstel. Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers, terwyl die woonstel 2 slaapkamers het. Al 3 slaapkamers in die hoofhuis is elk ingerig met 'n koningingrootte-bed. In die woonstel is die 1 slaapkamer ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is lugversorging in elke slaapkamer.
Beide die hoofhuis en die woonstel het 1 en suite- en 1 hoofbadkamer; albei is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet.
Elke eenheid het 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Vanuit elke kombuis lei 'n knus sitarea wat ingerig is met gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die eenhede word verbind deur 'n binnebraai en kroegarea wat lei na die buite-vermaakarea wat braaigeriewe, buitemeubels, 'n plonspoel en 'n vuurput insluit.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Rihanda Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 3
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 1784 Geelslang Road, Marloth Park, 0312, Mpumalanga
- Gaste dink Stories @ Marloth het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1784 Geelslang Road, Marloth Park, 0312, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang