Stroom Op
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 33 Main Road East, Still Bay East, 6674, Wes-Kaap
- Vanaf R7 050 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Stroom Op is op die Goukourivieroewer in Stilbaai-Oos geleë en bied gehalte-verblyf vir 'n groot gesin of groep vriende. Dit is lekker naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers en het slaapplek vir 12 gaste. Die eerste 4 slaapkamers het dubbelbeddens en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed wat ideaal is vir kinders. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde badkamer het elk 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, 3 yskaste, 'n mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser.
Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met opsionele DStv, en die eetarea het genoeg sitplek waar gaste maaltye saam kan geniet.
Die huis lei na 'n grasperk op die rivieroewer en gaste is welkom om met die kano's in die veilige waterkanale van die rivier te vaar wanneer dit hoogwater is. Die huis spog met pragtige uitsigte oor die rivier wanneer die son ondergaan en die voëls wat alewig in die area kuier, is iets om te aanskou. Die buitebraai is 'n gewilde kuierplek vir almal.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die huis is kinder- en troeteldiervriendelik en ideaal vir 'n groot groep.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Anneke Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 33 Main Road East, Still Bay East, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Stroom Op het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 33 Main Road East, Still Bay East, 6674, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang