Successfully reported
+29

Struisbaai Apartments

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 166 Ocean View Drive, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Struisbaai Apartments is in Struisbaai geleë en bied verblyf in 2 selfsorg-eenhede wat tussen 2 en 4 gaste kan akkommodeer. Dit is ideaal vir 'n paartjie of gesinne.

Die knus Quando-eenheid op die grondverdieping het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp met 'n slaaparea en 'n leefarea, 'n TV met DStv-kanale en 'n kombuisie. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie is met 'n induksiestoof, mikrogolfoond, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die eenheid lei na 'n stoep met buitemeubels, braaigeriewe en 'n uitsig oor die see en omgewing.

Die RegSuid-eenheid op die eerste verdieping bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die oopplan-leefarea het 'n TV met DStv-kanale, 'n etenstafel en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Albei slaapkamers het koningingrootte-beddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Privaat buitebraaigeriewe word voorsien.

Struisbaai Apartments gebruik sonkrag en bied onbeperkte WiFi en parkeerplek op die perseel. Struisbaai bied aktiwiteite soos visvang en sweefski, en gaste kan tussen Julie en Augustus Parrie, die inwonende pylstert in die hawe, of die walvisse dophou.

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Ursula B
Saam met lewensmaat
5.0
Mooiste uitsig en baie rustig. Baie lekker! Sal weer kom.
Jul 2025
Robbie C
Saam met lewensmaat
5.0
Briljant. Uitstekende verblyf. Netjies. Besonderse uitsig oor die see.
Mrt 2025
Martin Pieter J
Saam met lewensmaat
5.0
Was 'n koue week maar jy maak die beste uit elke geleentheid. Baie dankie, ons het baie lekker gebly, al was die weer en wind bietjie onpleasierig.
Aug 2024
Jonathan W
Saam met lewensmaat
5.0
Besides the amazing the view the unit was in tip top condition, luxurious! Our stay was superb! The host was so professional and the un...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Welma S
Saam met lewensmaat
5.0
Kom weer! Baie mooi woonstel, prakties en stylvol.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Suzanne Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 32

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 166 Ocean View Drive, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Struisbaai Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 166 Ocean View Drive, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfdb1a3f19affe372ea9084a3fffe0eea1fb4ee6c9078d23e173e0f66eb84e9ca778650f1aae7450aeaf43e279274b7847cec?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 166 Ocean View Drive Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.812536489977 20.033731002447

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang