Little Gem @ The Dunes
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: PO394 Road, The Dunes Resort, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R1 290 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Little Gem @ The Dunes is in Keurboomstrand geleë en bied gehalteverblyf vir 'n paartjie. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Die lugversorgde ateljeewoonstel beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n omskakelaar wat tydens beurtkrag werk.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, konveksie-oond, eierstoof, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.
Die ateljeewoonstel het ook gemaklike sitplek asook 'n 40-duim-TV. Gaste het toegang tot gratis Wi-Fi vir stroom.
Daar is lieflike ingeboude braaigeriewe en 'n sprankelende swembad beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf.
Dit is toegerus met diefwering, 'n alarmstelsel en 'n kluis vir ekstra sekuriteit saam met die 24-uur hekwag sekuriteit.
Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Die oord spog met 'n blouvlagstrand wat net 'n paar minute se stap na die nuutgeboude houtdek is wat oor die see en Robberg uitkyk. Gaste sal herhaaldelik verras word met pragtige sonsondergange en sonsopkomste, dolfyne en walvisse.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Janine Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 47
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- PO394 Road, The Dunes Resort, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Little Gem @ The Dunes het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: PO394 Road, The Dunes Resort, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang