Summit Song
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: P15, Thesen Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Vanaf R3 305 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Summit Song is 'n drieslaapkamerhuis op Theseneiland in Knysna. Die huis is oorkant die klubhuis wat 'n speelarea, tennisbane en basketbalbane het, asook 'n ankerplek vir bote. Die huis is stapafstand vanaf 'n privaat strand. Die huis het 'n omsetter en 'n gasstoof sodat gaste nie deur beurtkrag geraak word nie.
Hierdie smaakvol versierde huis het 3 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens ne 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer is in 'n kothuis op die boonste verdieping van die perseel.
Die oopplan-kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n koffiemasjien, asook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na die eetarea met 'n eetkamertafel en sitplek vir 8 gaste. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi word voorsien.
Daar is ook 'n gaskaggel en 'n binnebraai-area.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Bobbie Geverifieer
Eiendomme 26
Resensies 76
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- P15, Thesen Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Summit Song het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: P15, Thesen Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang