Sun Staycation
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 39 Sun Street, Solheim, Germiston, 1401, Gauteng
- Vanaf R5 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Sun Staycation is 'n kontemporêre selfsorghuis in Solheim, Germiston. Dit is net 11 km vanaf Kempton Park Golf Club en O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Dit is dus die ideale keuse vir gholfspelers, vakansiegangers of sakereisigers. Die eienaars woon op die perseel.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en gaste in hierdie slaapkamers deel 'n tweede badkamer met 'n bad en stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die huis spog met 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, ketel, lugbraaier en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Gaste kan in die leefareas ontspan waar daar gemaklike rusbanke is. Daar is ook TVs met DStv-kanale, stroomdienste en gratis WiFi.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met genoeg buitesitplek en ingeboude braaigeriewe. Trappies lei na 'n lieflike tuin met sonstoele en 'n swembad. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Die huis het sonpanele en word dus nie deur kragonderbrekings geaffekteer nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Busisiwe Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 39 Sun Street, Solheim, Germiston, 1401, Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 39 Sun Street, Solheim, Germiston, 1401, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang