Successfully reported
+55

Surval Boutique Olive Estate

  • Kapasiteit: 59 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Road to Cango Caves, Buffelsdrift, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 730 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Surval Boutique Olive Estate is sowat 4,5 km buite Oudtshoorn teen die voet van die majestueuse Swartberge in die Klein-Karoo geleë. Dit is die ideale oornagplek vanaf die Kaapse Wynlande op pad na die Tuinroete of vir gaste wat die Klein-Karoo wil verken. Die landgoed is naby die Kangogrotte en verskeie ander besienswaardighede rondom Oudtshoorn.

Verblyf word in 'n verskeidenheid stylvolle en luukse kamers in 'n rustige plaasomgewing aangebied. Dit wissel van gesinseenhede, luukse dubbel- of 2-enkelbedkamers en die wittebroodsuite tot die sakpasenkelkamers. Elke kamer het WiFi, lugversorging, 'n kluis, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV.

Die restaurant op die perseel, Su Casa, se spyskaart is deur die Klein-Karoo se produkte geïnspireer en word met internasionale elemente gekombineer. Su Casa is 'n lid van Confrêrie de la Chaíne des Rôtisseurs, 'n internasionale gastronomiese gemeenskap wat in 1950 in Parys begin het en tot 1248 terugdateer, en is daaraan toegewy om 'n onvergeetlike restaurant-ervaring te bied.

Die landgoed het 'n wynkelder vol voorraad en gaste het toegang daartoe om die beste wyn wat Suid-Afrika bied, saam met hul maaltye te geniet. Su Casa bied spesiale opsies vir troues, konferensies en baie ander spesiale geleenthede of funksies.

Nabygeleë besienswaardighede sluit die Kangogrotte, Cango Wildlife Ranch, Wilgewandel. die Karusa-wynkelder, Art Karoo-kunsversameling, Rust-en-vrede-waterval, TBI Adventures, wildritte, die CP Nel Museum, Le Roux-dorpshuis, Arbeidsgenot en verskeie voetslaan- en fietsryroetes in die omgewing in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Shanel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Road to Cango Caves, Buffelsdrift, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Surval Boutique Olive Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 730
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 730
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 3 730
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 59 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Road to Cango Caves, Buffelsdrift, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbe8a738277d1f8f9c548767217ceb8f5da1d36a3f1cb791adccf3b22ec187b1f609f26560457cc40caf88525e2c1e48b8cc8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 730 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 Road to Cango Caves Buffelsdrift 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.534804 22.235217
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang