Successfully reported
+9

Sweet Dreams

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 37 Reinecke Street, Panorama, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sweet Dreams is 'n knus selfsorg-eenheid met 'n privaat ingang op die eienaar se erf in Panorama in Bethlehem. Dit bied gerieflike en rustige verblyf wat ideaal vir enkelreisigers of paartjies is wat op soek is na oornagverblyf of 'n naweekwegbreek.

Die eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-uitleg met 'n slaaparea met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien en WiFi is beskikbaar.

Die leefarea het 'n TV en die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, eenplaat-induksiestoof, mikrogolfoond, broodrooster en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Gaste het ook toegang tot privaat braaigeriewe en parkeerplek op die perseel.

Sweet Dreams is naby winkels en restaurante geleë. Die nabygeleë Loch Athlone-dam is 'n gewilde plek vir visvang, piekniek en voëlkyk. Bethlehem spog met 'n mengsel van buitemuurse aktiwiteite, historiese landmerke en moderne geriewe, is vir die natuurskoon en kulturele erfenis bekend en dien as 'n uitstekende basis vanwaar gaste die Vrystaat kan verken.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Estelle J
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, netjies, vriendelike ontvangs. Pragtige plek, skoon, gerieflik, netjies, alles wat ons nodig gehad het! Was vriendelik ontvang deur die gas...
Sien meer
Sep 2025
Anita O
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik oornag by Sweet Dreams, sal beslis weer kom. Wat 'n gerieflike, skoon, netjiese plekkie met alles wat nodig is vir 'n aand of twee se ...
Sien meer
Sep 2025
Marie-louise V
Saam met lewensmaat
5.0
Verrassend skoon en netjies en baie smaakvol ingerig met alles wat nodig is. Baie aangenaam, puik.
Aug 2025
Susan K
5.0
Convenient. Comfortable, convenient. Accommodating host. I would stay here again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Dikeledi S
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful stay. It was a wonderful stay. The host was very welcoming and always willing to assist and go the extra mile. She even helpe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Ralie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 37 Reinecke Street, Panorama, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Gaste dink Sweet Dreams het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Badkamer-gryprelings
Ruim badkamer
Ruim slaapkamer
Badkamer sonder trappe
Breë badkamerdeur
Vanaf
R 650
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 650
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 37 Reinecke Street, Panorama, Bethlehem, 9701, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6008fa7a72e9d365bb9c6b67bc6017b1b07027ea8b2986e98043c5b2d9597350c645cb394b38ec54f9517e0fc4b16a48fe1e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 37 Reinecke Street Panorama 9701 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.232250082876 28.334159993135

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang