Sea-Renity 10 @ Tahiti
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Unit 10 Tahiti, North Beach Road, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Sea-Renity 10 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n 3-slaapkamerwoonstel in die ongerepte kompleks van Tahiti, wat in die klein oorddorpie Umdloti aan KwaZulu-Natal se Noordkus geleë is.
Die gemeubileerde woonstel het lugversorging en beskik oor 3 dubbelslaapkamers en 2 badkamers. Die hoof- en tweede slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Een badkamer is toegerus met 'n bad en stort, en die ander het slegs 'n stort. Die eenheid het 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskas, gasstoof met oond en 'n mikrogolfoond. Die sitkamer het 'n TV en lei na 'n patio buite met privaat braaigeriewe.
Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad en 'n grasdak-boma. Gaste het ook toegang tot 2 parkeerplekke.
Die kompleks is gerieflik geleë naby winkels, restaurante en die strand. Umdloti is net 10 km vanaf Umhlanga en 10 minute se ry vanaf King Shaka Internasionale Lughawe. Dit lê tussen Umhlanga en Ballito en is 'n kusbewarea, omring deur lande met suikerriet en inheemse woude. Die area spog met 3 strande en doendinge sluit visvang, snorkel, duik, voëlkyk en vlieërplankry in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Sorita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Unit 10 Tahiti, North Beach Road, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Sea-Renity 10 @ Tahiti het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Unit 10 Tahiti, North Beach Road, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang