Successfully reported
+52

Tamboti Retreat

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 15:00
  • Adres: Shona Langa Nature Reserve, H10 Tamboti Road, Farm Rietgat KQ 563, Portion 97, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R3 700 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Tamboti Retreat is ’n lieflike selfsorglodge vir 8 gaste in die Shona Langa Natuurreservaat, ongeveer 55 km vanaf Bela-Bela. Hierdie reservaat het 29 wildspesies en 140 voëlspesies. Daar is verskeie aktiwiteite om gedurende verblyf hier te geniet.

Hierdie ruim dubbelverdiepinglodge beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en oopplan-leefareas. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elk ’n koningingrootte-bed, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 1 dubbelbed. Daar is bad- en stortgeriewe in die badkamers. Die kombuis is met 'n gasstoof, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus.

Die hoofleefarea lei na die vermaakarea waar daar ’n swembad, bosbraai en tuinlapa is. Daar is ook ’n stoep met ’n ingeboude gasbraai. Die lodge het lugversorging en ’n TV met DStv Premium-kanale. WiFi is beskikbaar.

Let dat wildritte nie voorsien word nie, maar die plaas is 'n privaat natuurreservaat en 'n kaart word voorsien wat gaste saam met hulle kan neem wanneer hulle op die plaas rondry. Al die paaie is duidelik gemerk. Daar is 'n spoedgrens van 25 km/h vir die veiligheid van die diere.

Die plaas bied baie om te doen, soos wildkyk, die vleilande besoek en visvang by die vang-en-vrylaat-damme waar daar braaigeriewe is. Gaste kan ook hier fietsry en stap.

LED-lampe en 'n rugsteunkragstelsel vir die WiFi is beskikbaar tydens beurtkrag. Die lodge het ook gefiltreerde water.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Francois S
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gekuier. Baie lekker gebly, gerus en lekker fiets gery. Baie diere gesien. Sal definitief weer daar bly.
Aug 2025
Mone D
Gesin met klein kinders
5.0
Rustige bosveld wegbreek. Ons het ons verblyf deur en deur geniet by Tamboti Retreat. Die huis is baie goed toegerus en het alles en meer wat moontlik...
Sien meer
Jun 2025
Ria N
5.0
Vyfster verblyf in ongerepte natuur - uniek! Tamboti Retreat se fasiliteite is onverbeterlik, dis besonder goed toegerus, netjies en skoon. Die geleen...
Sien meer
Jun 2025
Craig L
Saam met vriende
5.0
Peaceful and relaxing. Beautiful peaceful location, we had an amazing stay, the host was extremely helpful and kept us updated on the w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Eunice N
Saam met vriende
5.0
Perfect location. The place is lovely.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Nicoleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Shona Langa Nature Reserve, H10 Tamboti Road, Farm Rietgat KQ 563, Portion 97, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Tamboti Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 700
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 700
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 3 700
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 15:00
  • Adres: Shona Langa Nature Reserve, H10 Tamboti Road, Farm Rietgat KQ 563, Portion 97, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0f1d0ef60ec39c55740f9436105aee404210c9cf2edfb67df787605d19cc0f862901142a821a9fa1f6a37aede8a81914f944?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 700 per nag (plek vir 8) 21 5 1 5 Shona Langa Nature Reserve, H10 Tamboti Road Farm Rietgat KQ 563, Portion 97 0480 Limpopo 021 201 8901 12:00-16:00 15:00 -24.940460430882 27.922709208133
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang