Successfully reported
+26

Thaba Tsweni Lodge

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm 506 Berlin, Berlin Falls, Blyde River Canyon, Graskop, 1270, Mpumalanga
  • Vanaf R1 550 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Thaba Tsweni Lodge beteken 'berg van die bobbejaan' in Sesotho en dis in die Blyderivierspoort-area van Mpumalanga geleë. Dit vorm deel van Mpumalanga se Panoramaroete.

Die selfsorg-chalets het hul eie tuine met braaigeriewe en veilige onderdakparkeerplek. Elke chalet is volledig ingerig met 'n sitkamer met 'n kaggel en 'n TV met plaaslike kanale. Die chalets het 'n eetkamer of 'n eetarea en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n stoof, elektriese braaipan, mikrogolfoond en 'n koffiemasjien. Al die badkamers het storte en baddens. Hout word vir die kaggel voorsien en daar is olieverwarmers.

Gaste moet net hul eie klere, kos en swemhanddoeke saambring. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is beskikbaar en daar is 'n wasgoeddiens teen 'n ekstra fooi. 'n Lughawependeldiens vanaf Hoedspruit en Mbombela (Nelspruit) kan op versoek gereël word.

Die lodge word deur 'n familie besit en bestuur en dis ideaal geleë naby besienswaardighede soos die Krugerwildtuin, Blyderivierspoort, die Drie Rondawels, God's Window en Pelgrimsrus. Die lodge is binne stapafstand van die Berlin-watervalle, 10 km vanaf Graskop en 30 km vanaf Sabie met verskeie restaurante en winkeltjies. Thaba Tsweni Lodge is deel van die Thaba Tsweni-groep wat toere en daguitstappies na al die besienswaardighede met 'n gekwalifiseerde toergids aanbied.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Wendel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 16 jaar

Ligging

  • Farm 506 Berlin, Berlin Falls, Blyde River Canyon, Graskop, 1270, Mpumalanga
  • Gaste dink Thaba Tsweni Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 550
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 550
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm 506 Berlin, Berlin Falls, Blyde River Canyon, Graskop, 1270, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc77b9f67f9fec8bfa6b1ece95eda833c94ce9f0072bc789282fd6f7f6be0551397b107d74c08f5a5e7e5dcddf605ee5b6695?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag (plek vir 2) 31 5 1 5 Farm 506 Berlin Berlin Falls, Blyde River Canyon 1270 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.851880843823 30.845144839287
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang