Successfully reported
+84

The Bay Lodge

Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mrt 2026 tot 31 Jan 2027.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 29 Bob Bouwer Crescent, Bayview, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 438 R1 829 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Bay Lodge het 'n asemrowende ligging op Bayview Beach. Dit bied lieflike see-uitsigte, smaakvol versierde kamers en heerlike ontbyt. Die gastehuis is in die stil Bayview-woonbuurt, net 8 km vanaf Mosselbaai se middedorp en 2 km van Hartenbos af.

Die kamers is ruim met moderne binnenshuise versiering wat ’n eklektiese styl en eko-vriendelike materiaal kombineer. Daar is 9 kamers met koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie, ’n TV met sekere DStv-kanale, elektroniese kluise en WiFi. Rook is verbode in al die kamers.

Die gastehuis bied 'n eerlikheidskroeg, espresso, cappuccino, tee, gratis WiFi, 'n wasgoeddiens, parkeerplek op die perseel, 'n binnebraai en 'n buiteboma waar gaste 'n eg Suid-Afrikaanse braai kan geniet en die luisterryke uitsig kan bewonder. Daar is ook ’n swembad.

Daar is ’n swemstrand voor die gastehuis waar lewensredders aan diens is tydens Suid-Afrikaanse skoolvakansies. ’n Pendeldiens na plaaslike restaurante is beskikbaar op versoek. Gaste kan hierdie diens by ontvangs bespreek en daar navraag doen.

Die lodge is net 25 minute se ry vanaf George Lughawe. Mosselbaai bied 'n groot verskeidenheid aktiwiteite, besienswaardighede en restaurante.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Openbare vervoer naby

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 122 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Paulene B
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing! Would recommend it to anyone. Clean, amazing service and amazing view. This was honestly one of the best places I've stayed. I...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Zelda E
Saam met lewensmaat
5.0
Uitsonderlik en op die see! Absoluut heerlik gewees, lekkerste ontbyt. Was vriendelik ontvang en was rustig en stil. Lekker matras. Strand is ideaal v...
Sien meer
Sep 2025
Amanda L
Saam met lewensmaat
5.0
Ek sal vir seker weer teruggaan. Dit is 'n pragtige lodge. Dit is 'n fantastiese lodge om vakansie te hou. Die personeel is baie vriendelik en behulps...
Sien meer
Sep 2025
Yolandie D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker, mooiste uitsig, smaaklike ontbyt. Vriendelike diens. Kamer was netjies en als wat mens nodig het. Lodge is op die strand met die mooiste ...
Sien meer
Aug 2025
Nandipha N
Saam met lewensmaat
5.0
The fact that the Bay Lodge is right on the beach made staying there even more amazing. The Bay Lodge is among the most beautiful place...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 122

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 29 Bob Bouwer Crescent, Bayview, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Bay Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 438
R 2 438 R 1 829
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R2 438
R 2 438 R 1 829
per nag, vir 2 mense
Vanaf R2 438
R 2 438 R 1 829
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 29 Bob Bouwer Crescent, Bayview, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkFQzfdFAXglhGETZTYusxFFS8jF1cbmmeDKKeekTCExrKqLKYC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 438 nouVanaf R1 829 per nag, vir 2 mense 122 5 1 5 29 Bob Bouwer Crescent Bayview 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.14184 22.111342

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang