Successfully reported
+70

The Bean Tree

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Grewe Street, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 080 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Bean Tree bied privaat selfsorgkwartiere en binnehowe in die prentjiemooi dorpie, McGregor. Die eenhede is só ontwerp dat gaste maklik in hul privaat eenheid kan ontspan of saam met ander gaste 'n vakansie kan geniet.

Die verblyf beskik oor 3 ruim en losstaande eenhede naamlik Lucky Bean, Ndale en Ugba. Die 3 eenhede word met 'n sentrale binnehof wat gedeeltelik onderdak is verbind en dit kan saam of apart bespreek word. Elke suite bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n en suite-badkamer en 'n kombuisie met 'n yskassie, induksiestoofplaat, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n broodrooster en mikrogolfoond. Ndale en Lucky Bean het elk 'n buitestort en Lucky Bean en Ugba het elkeen privaat 'n dakterras.

Elke suite het gratis WiFi, 'n platskerm-TV met Netflix en Chromecast en, alhoewel DStv nie voorsien word nie, kan gaste hul eie dekodeerder saambring of DStv Now deur die toep op die TV te stroom.

Daar is ook 3 Weberbraaigeriewe as gaste buite wil braai. Gaste kan in die sentrale binnehof braai of op Lucky Bean of Ugba se platdakdekke.

The Bean Tree is troeteldiervriendelik, maar ongelukkig nie kindervriendelik nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gabi W
Saam met lewensmaat
5.0
The loveliest stay in McGregor! We had such a wonderful stay at The Bean Tree. Our dog was welcomed with open arms and he was able to r...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Ivonne B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly, sal definitief aanbeveel. Heerlik gebly. Die eenheid was absoluut pragtig, netjies en alles wat jy kon benodig. Die rustigheid en priva...
Sien meer
Des 2024
Thomas D
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en ontspannend. Ons het heerlik gebly en gekuier. Dit was lekker privaat maar nie "afgesonderd" nie en baie veilig. Wonderlike gashere, puik ge...
Sien meer
Jan 2024
Frederick B
Saam met lewensmaat
4.8
Wonderlike langnaweek-wegbreek! The Bean Tree is lieflike akkommodasie en stapafstand van al die restaurante in McGregor. Ons het veral die buitestort...
Sien meer
Mrt 2024
Izak L
Saam met lewensmaat
4.6
Goeie "couple's getaway" plekkie. Angelo was verskriklik goeie gasheer met goeie aanbevelings oor wat om in die omgewing te doen. Ons het in die Ndale...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Angelo Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 16 Grewe Street, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Bean Tree het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 080
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 080
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 2 080
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Grewe Street, McGregor, 6708, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0552b52f66e3d862dbaa3af162a749afe70466e017f8f03ce126457edeb83099d0dd5fb6fbd00103fdd21533de62fad045d6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 080 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 16 Grewe Street McGregor 6708 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.946068575441 19.826223038029
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang