The Botanical House
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2025 tot 31 Okt 2025.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 34 Stellenberg Road, Jonkershoogte, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 400R934 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Botanical House is in die Helderberg-kom in die hartjie van Somerset-Wes, omring deur skilderagtige berguitsigte en pragtige landskappe. Hierdie versteekte juweel bied gaste 'n ontspanne wegbreek, en toegang tot 'n sprankelende, privaat swembad, welige groen grasperke, asook saunageriewe.
Die woonstel is apart van die hoofhuis en het 'n privaat ingang. Dit bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Vars, wit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, warm kombersies en 'n platskerm-TV. Komplimentêre WiFi is ook beskikbaar.
Buite die woonstel is daar 'n balkon waar gaste 'n oggendkoffie of skemerkelkie kan geniet terwyl hulle die tuin en berguitsig bewonder.
Die eenheid is 'n kort entjie se ry vanaf Strand, Helderberg Natuurreservaat, Somerset Mall, Waterstone Mall en Sitari Mall. Dit is ook 'n kort entjie se ry weg vanaf die gewilde Stellenbosch Wynlande, wat gaste in staat stel om bekroonde restaurante en wynplase te geniet. Verder kan gaste plaaslike kunsgalerye, bedrywige koffiewinkels, verfrissende spa's en drie gholfbane in die area besoek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Nicole Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 34 Stellenberg Road, Jonkershoogte, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink The Botanical House het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 34 Stellenberg Road, Jonkershoogte, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang