The Bush Hut
Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 552 Rotsvy Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
-
Vanaf
R1 940R1 746 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
The Bush Hut is 'n selfsorghuis op Hoedspruit Wildlife Estate in die hartjie van die bosveld. Gaste kan rooibokke, duikers, sebras, kameelperde en af en toe koedoes en vlakvarke sien wat in die omgewing rondloop en dié plek ideaal maak vir 'n gesinsvakansie.
Dié verblyf bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer met lugversorging het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens. Gaste in albei slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Linne, badhanddoeke en seep word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. Langs die kombuis is 'n knus sitarea met lugversorging, gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar. 'n UPS-stelsel hou die WiFi tydens kragonderbrekings aan en 'n rugsteunstelsel met twee proppunte en twee USB-poorte hou die TV, yskas of waaier aan die gang.
Buite is daar 'n stoep met 'n ingeboude braai, meubels en 'n lieflike uitsig oor die tuin, plonspoel en die boma. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die verblyf is ideaal geleë vir daguitstappies na besienswaardighede soos die Krugerwildtuin en Blyderivierspoort, die grootste groen skeurvallei in die wêreld, en vele ander besienswaardighede wat Hoedspruit bied.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Harry Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 29
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 552 Rotsvy Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink The Bush Hut het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 552 Rotsvy Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang