Successfully reported

The Cabin Rustic Cottages and Guest Farm

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gerhard V
1 nag Gesin met tieners
5.0
Aug 2025

Rustig, ruim, pragtige uitsigte, warm gasvryheid. Ons verblyf in die plaashuis was besonders aangenaam. Die huis is ruim, netjies en volledig toegerus, ideaal vir ’n gesinswegbreek of rustige tyd saam met vriende. Die plaasatmosfeer en mooi uitsigte oor die Vrystaatse landskap skep ’n gevoel van vrede en stilte. Ons het die gasvryheid en hartlike ontvangs baie waardeer. Dit was ’n heerlike balans van gemak en egte plaaslewe – ’n plek waar ons beslis weer sal kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nandi
The Cabin Rustic Cottages and Guest Farm
Baie dankie vir die mooi terugvoer. Sien uit om julle weer te verwelkom.

Anita B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2025

Heerlik gebly, baie dankie. Pragtige perseel met die lekkerste outydse plaashuis gevoel, warm elektriese komberse en 'n vuurtjie wat vir ons gestook was. Elke oggend het 'n dame ingekom om die kombuis en kamers uit te sorteer. Ons het heerlik gerus, lekker gekuier op die ruim toe stoep en die mooiste sonopkoms en ondergang gesien. Ons is gebless met 'n tuisgebakte broodjie, konfyt, selfgemaakte botter en kaas - heerlik. O ja, die matras was van baie goeie gehalte en het ons sommer almal lekker geslaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nandi
The Cabin Rustic Cottages and Guest Farm
Baie dankie vir die mooi terugvoer, Anita en gesin. Ons hoop julle kom kuier gou weer!

Juannet C
1 nag Gesin met tieners
5.0
Apr 2025

Ons het dit baie geniet. So rustige plaas, pragtige uitkyk en goed toegerus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nandi
The Cabin Rustic Cottages and Guest Farm
Goeiedag Juannet. Ons hoop ons sien julle vinnig weer. Groete uit die mooi Oos Vrystaat en Clocolan.

Ilonka B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2025

Puik en baie netjies en skoon. Baie lekker gebly! Sal definitief weer na hulle toe gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nandi
The Cabin Rustic Cottages and Guest Farm
Baie dankie. Bly julle het lekker by ons gebly.

Thelma D
1 nag Gesin met tieners
5.0
Apr 2025

Mooi uitsig, lieflike stoep, waarde vir geld! Die oornagkamer is pragtig ingerig met alles wat jy nodig het. Die groot stoep met die mooi uitsig oor die plaas is heerlik om net te ontspan na 'n lang reis. Volop hout is voorsien vir die kaggel. Ons wens ons kon vir langer as een nag oorbly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nandi
The Cabin Rustic Cottages and Guest Farm
Baie dankie!

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Sep 2025

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Elize F
1 nag Saam met lewensmaat
3.8
Apr 2025

Hangers the issue! Amazing. Just love the Cottage on the farm. The detail to decor makes it very special. Unfortunately, after we left, we got a WhatsApp asking if we took the hangers. We slept over for 1 night, arrived late, and didn't even unpack or open cupboards. Tried to phone back - they didn't pick up the phone. Sent a WhatsApp - asked for a response, as we didn't know or take the hangers. Two weeks after our stay, no follow-up from them. I really don't like to be accused of taking stuff from units - this makes it for us a no stop in future. So sad, because it is a lovely place.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0
Nandi
The Cabin Rustic Cottages and Guest Farm
Goeiedag Elize. Bly julle het die plaas en ons verblyf geniet. Baie van ons gaste vergeet besittings, en dit is vir ons baie belangrik om dadelik op te volg, asook die neem van items van ons eenhede wat per ongeluk ingepak word. Dit is slegs normale prosedure om op te volg, wat ons wel gedoen het. Groetnis.

Melanie P
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2024

Ons was aangenaam verras oor hoe mooi dit daar is. Dit is baie mooi, skoon en rustig daar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nandi
The Cabin Rustic Cottages and Guest Farm
Baie dankie. Sien uit om jul weer te verwelkom.

Dawie K
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Nov 2024

Ongelooflik lekker. Baie skoon en gerieflike blyplek. Absoluut die moeite werd.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willem N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Terug gaan. Defnitief. Kaggel was 'n bonus. Rustig en baie mooi. Netjies, 'n ware juweel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nandi
The Cabin Rustic Cottages and Guest Farm
Baie dankie. Sien uit om jou vinnig weer te verwelkom, Willem Nel.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Nandi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 500 m from the R26, Clocolan, 9735, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe9251a10c4fb54a6c084532bf383b87549a3530f67d4ed44859884c880de42172dd80f494d7304be9ff7087f1a8f1a7ea24f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 28 5 1 5 500 m from the R26 Clocolan 9735 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.957164704119 27.573677049373
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang