The Dutch Corner House
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 31 Jul 2025 tot 1 Des 2025.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Limoneum Close 4, Myburghpark, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R600R450 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
The Dutch Corner House bied lieflike selfsorgverblyf in die hartjie van Langebaan. Dit is ideaal vir 'n rustige wegbreek aan die Weskus, aangesien dit stapafstand vanaf die hoofstrand van Langebaan is.
Die verblyf bied 'n hoofhuis of 'n woonstel met 'n privaat ingang wat vas aan die huis is. Die hoofhuis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed, terwyl die tweede slaapkamer 'n enkelbed en 'n stapelbed het. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die kombuis lei na 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek.
Die huis het 'n binnenshuise kuierarea met 'n veerpyltjiebord, 'n kroeg met stoele en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om gehaltetyd saam te geniet. Buite is daar 'n boma met 'n vuurput en 'n piekniektafel waar gaste kan ontspan en die see-uitsigte kan bewonder.
Die Corner Room beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is met 'n mikrogolf, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel, asook 'n area buite met sitplek en braaigeriewe.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Mark Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Limoneum Close 4, Myburghpark, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink The Dutch Corner House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Limoneum Close 4, Myburghpark, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang