Successfully reported
+29

The Gate Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Naude Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Gate Guesthouse bied verblyf in 'n pragtige tuin in die bekoorlike vakansiedorpie Clarens. Die verblyf is die ideale basis om die vele besienswaardighede en aktiwiteite wat die dorp bied, te verken.

Verblyf by The Gate Guesthouse bestaan uit 4 aparte eenhede, elk met sy eie ingang. Drie kamers het 'n koninggrootte-bed en die Mosaic Room het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelslaapbank. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, behalwe die Pearl Room wat 'n bad het.

Die kamers se kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Daar is 'n TV, WiFi, DStv, braai-area en veilige parkeerplek.

The Gate Guesthouse is ook naby die middedorp met kunsgalerye, boetiekwinkels en restaurante, asook stap-, draf- en bergfietsroetes om te verken.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Annamarie G
Saam met lewensmaat
5.0
Absolute rustige plesier en wonderlike ervaring. Dit was 'n absolute plesier. Charl was baie behulpsaam en het ons goed ingelig oor alles wat ons moes...
Sien meer
Aug 2025
Eva G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker en rustig. Was baie lekker. Baie rustig en baie netjies. Ons het dit baie geniet.
Jun 2025
Andre N
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie waarde vir geld. Netjiese blyplek. Baie lekker oorgebly.
Mei 2025
Jd G
Saam met lewensmaat
5.0
3 dae lang naweek. Netjies, gerieflik en smaakvol. Naby dorp en staproetes.
Apr 2025
Gustav M
Gesin met tieners
5.0
Rustig en mooi. Baie lekker gebly en mooi ligging in Clarens.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Charl Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 2 Naude Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink The Gate Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Naude Street, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAed32555ca67aa5682226e20a4b94398d89a124fcc244499785afb4646a80ad3f68ad0a1866631a20cbc4e9a7f82cd5107441?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2) 40 5 1 5 2 Naude Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.515425288961 28.417185882209
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang