Successfully reported
+16

The House of Green and Blue

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 60 Cockle Crescent, Cove Rock Country Estate, East London, 5201, Oos-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The House of Green and Blue bied verblyf aan in 3 selfsorg-eenhede op die grondvloer van 'n gebou langs die kus in die Cove Rock Country Estate in Oos-Londen.

Die eenhede is versteek in die Cove Rock Bewarea wat uitstekende bos- en see-uitsigte bied en net 400 m se stap van die strand af is. Die landgoed het ook 'n mashie-gholfbaan, 'n gemeenskaplike swembad en tennisbaan wat gaste welkom is om te gebruik en dit is ook net 7 minute van Oos-Londen se lughawe en 15 minute van die middedorp af.

Hier is baie diere in die gebied insluitend visarende, duikers, muishonde, bosbokke, bloureiers, tarentale, die Knysna-loerie, swarttobies en dikkoppe om maar net 'n paar van die inwonende wild te noem wat jy hier te siene kan kry.

Gedurende walvisseisoen is hier noorkapperwalvisse, bultrugwalvisse, dolfyne en soms selfs 'n moordvis. Gaste kan heerlik dophou hoe hulle baljaar in die baai en saam met die malgasse fees onder die vis.

Verblyf hier word gebied in 3 aparte eenhede, elk met hul eie ingang. Elke eenheid het 'n oopplan-uitleg met 'n kombuis- en sitarea en 'n badkamer. Tipe A-eenheid het 'n uitsig oor die see en branders, 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed in die sitkamer. Die eenheid beskik ook oor 'n instapkas en die badkamer is ingerig met 'n bad en stort. Die eenheid het ook Premier DStv wat ingesluit is by die tarief. Verder het die eenheid 'n wasmasjien.

Tipe B is 'n tweeslaapkamer-eenheid met 'n koningingrootte-bed in die een kamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Tipe C is die kleiner ateljee-eenheid en beskik oor 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed. Al die badkamers van al die eenhede beskik oor storte. Die kleiner ateljee-eenheid het 'n uitsig oor die bos langs die perseel. Die tweeslaapkamer-eenhede het elk premier DStv. Die tweeslaapkamereenheid en die eenheid met 'n see-uitsig beskik oor 'n wasmasjien.

Al 3 eenhede beskik oor braaigeriewe en rook is verbode in die eenhede. Cove Rock is gewild onder hengelaars wat sommer direk van die rotse af in die see visvang.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Baie goed

Netheid
3.8
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.9
Diens
4.3
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Jenny Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 60 Cockle Crescent, Cove Rock Country Estate, East London, 5201, Oos-Kaap
  • Gaste dink The House of Green and Blue het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 60 Cockle Crescent, Cove Rock Country Estate, East London, 5201, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQyZWI0YTNhLTZmY2EtNDVhNi1iZjZjLTY1OTBkM2Q3YTdjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 60 Cockle Crescent Cove Rock Country Estate 5201 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.0723 27.82689
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang