Claptons Beach The Jackalope 42
Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 33 Palm Drive Avenue, Marina Martinique, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
-
Vanaf
R1 090R981 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Claptons Beach The Jackalope 42 is 'n lieflike duplekseenheid in 'n kompleks in Claptons-strand, Marina Martinique, Jeffreysbaai.
Dié dubbelverdiepingwoonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer, 'n gastetoilet en 'n leef- en kombuisarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte gastetoilet op die onderste verdieping. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis, gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met YouTube en Netflix. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, yskas-vrieskas, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Verder is daar 'n wasmasjien, toonbank en 'n etenstafel met 6 stoele.
Die leefarea lei na 'n stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die tuin. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig. Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad in die kompleks en die kanaal wat na die agterkant van Marina Martinique lei. 'n Afstandbeheerde hek voor die kompleks lei na die strand.
Die eiendom bied toegang tot 'n lieflike visvangplek en is naby verskeie restaurante geleë.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Vicky Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 17
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 33 Palm Drive Avenue, Marina Martinique, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Claptons Beach The Jackalope 42 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 33 Palm Drive Avenue, Marina Martinique, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang