Successfully reported
+38

The Nelsbells Cottage

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 138 Malherbe Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The Nelsbells Cottage is stapafstand vanaf die hartjie van Clarens. Dit bied selfsorgverblyf in 'n rustieke, Victoriaanse huis.

Die hoofhuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers op die boonste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en lei na die balkon wat reg rondom die huis strek. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 2 badkamers in die hoofhuis. Die eerste een is onder en het 'n bad en 'n toilet, en die tweede een is bo en het 'n stort en 'n toilet.

Die oopplan-leefarea het 'n gemaklike sitarea met 'n kaggel vir koue winteraande en 'n knus leeshoekie wat na die stoep lei. Die kombuis is ten volle toegerus en sluit 'n ketel, yskas, gas- en elektriese stoof, mikrogolfoond, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei en breekware in. DStv Premium en 'n DVD-speler is beskikbaar. Daar is ook braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel, en troeteldiere is welkom.

Gaste het ook toegang tot die tuinwoonstel. Dié woonstel het 'n koningingrootte-bed met slaapplek vir 2 volwassenes. Daar is koffie- en teemaakgeriewe en die badkamer het 'n stort en 'n toilet. Flitse word voorsien vir beurtkrag.

Clarens het as die Juweel van die Vrystaat begin bekend staan, en lok kunstenaars, fotograwe en natuurliefhebbers. Die dorpie is vir verskeie kunsvlyt- en handwerkwinkeltjies bekend en bied 'n wye reeks snuisterye en oorspronklike kunswerke. Die sandsteengeboue dra tot die atmosfeer van die dorpie by. Clarens is die ideale wegbreekplek vir stadsjapies uit Johannesburg, Bloemfontein en Durban, wat almal ongeveer 300 km ver is.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Veronica Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 85

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 138 Malherbe Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink The Nelsbells Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Ruim badkamer
Ruim slaapkamer
Badkamer sonder trappe
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 138 Malherbe Street, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8YlajH8fQI64LO0yMVUga0mNAEKKkvaHP6qtjhfyNBSzsSk2Sc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 8) 85 5 1 5 138 Malherbe Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.52075910688 28.419303119049
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang