Successfully reported
+18

The Nook

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 De Kock Street, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • Vanaf R965 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Nook is in 'n lieflike tuin geleë en is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir 2 mense in Nxuba (Cradock).

Die woonstel het 'n privaat ingang en beskik oor 'n slaapkamer, 'n badkamer, 'n kombuis en eetarea, asook 'n sitkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die privaat badkamer het 'n stort en toilet. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien, en gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die etenstafel geniet word.

Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale, asook WiFi-toegang, en lei na die tuin en braaigeriewe.

'n Omskakelaar is beskikbaar vir wanneer beurtkrag plaasvind.

Onderdakparkeerplek is beskikbaar agter geslote hekke, en troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

Nxuba (Cradock) bied 'n verskeidenheid besienswaardighede wat wissel van die NG Kerk en Ilex Oak Trees in Dundasstraat wat tot nasionale gedenkwaardighede verklaar is, die Shreiner House Museum en die Groot Visrivier Museum, Nxuba (Cradock) Vier gedenkteken, asook verskeie stap- en 4x4-roetes.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hanna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 1 De Kock Street, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Nook het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 965
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 965
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 965
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 De Kock Street, Cradock, 5880, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1f0bd094a5de65fad11507906edc80efe3ea8afbaf9095898d7194f29c99e054f7658efb177e2b2adc7823627fbcb573b029?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R965 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 1 De Kock Street Cradock 5880 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -32.165010337808 25.626471105729
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang