The Pearl
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Cradock Road, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap
- Vanaf R3 300 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
The Pearl is 'n moderne en kontemporêre selfsorghuis wat oor die Indiese Oseaan kyk en in Seaview Gqeberha (Port Elizabeth) geleë is. Jy kan gedurende jou vakansie hiér die pragtige uitsigte oor die Indiese Oseaan en die dolfyne wat verby swem geniet. Jy kan ook die sonsondergang vanaf die balkon met 'n glasie van Suid-Afrika se beste wyn beskou, óf die walvisse dophou wat in die winter kom kuier.
Die huis bied slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 3 slaapkamers in die hoofhuis en 'n woonstel met 2 slaapkamers onder die hoofhuis. Die eerste slaapkamer in die hoofhuis het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n ekstra gesinsbadkamer.
Die privaat kothuis onder die hoofhuis beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens.
Die kombuis, eet- en leefarea het 'n oopplan-uitleg. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en baie pakplek. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n balkon met 180 º-uitsigte oor die oseaan.
The Pearl het 2 braai-areas buite: 1 op die balkon en die ander 1 op 'n sonnige patio. Die huis het 'n sekuriteitstelsel en 'n dubbelmotorhuis met afstandbeheerde toegang.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Tanya Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 89
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 4 Cradock Road, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap
- Gaste dink The Pearl het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Cradock Road, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang