Successfully reported
+27

The Tortoise Shell

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 146 Olifant Drive, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The Tortoise Shell is 'n selfsorgvakansiehuis in Marlothpark. Dié wildbewarea is 3 000 ha groot en is teen die Krugerwildtuin se suidelike grens geleë. Die huis is rustiek, maar het tog al die moderne geriewe.

Dié huis het slaapplek vir 8 en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, ‘n gastetoilet en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. 3 kamers het koningingrootte-beddens en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Elke kamer het ‘n klerekas, bedkassies en lampies. Die kamers het ook USB-koppelpunte.

Die huis het 2 gasgeisers. Die 1 geiser is vir 1 badkamers, die gastetoilet en kombuis, en die ander geiser is vir die tweede badkamer. Elke badkamer het ‘n groot stort en daar is 1 bad. Die kamers en die oopplan-sitarea het lugversorging.

Die kombuis is toegerus met ‘n vyfplaat-gasstoof, oond, dubbelyskas, vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitarea het ‘n gemaklike sitkamerstel.

Daar is ‘n groot boma met ‘n ingeboude bank reg rondom waar gaste heerlik om die vuur kan kuier en dis langs die swembad. Daar is ook ‘n onderdbraai en ‘n aparte pizza-oond. Potte en panne wat op die vuur gebruik kan word, word voorsien. ‘n Gasstofie wat buite gebruik kan word, is ook beskikbaar. Verder is daar 2 kombuiskaste met wieletjies wat tot op die stoep gestoot kan word sodat almal lekker saam kan kuier.

Die groot stoeptafel het sitplek vir 10 met ‘n bankie vir die kinders, genoeg stoele en die etenstafel se stoele kan ook gebruik word. Die huis het ‘n alarmstelsel met gewapende reaksie, so sluit asb. alles wanneer die huis verlaat word. Parkeerplek is onder ‘n dubbelmotorafdak beskikbaar.

Die huis word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae. Die skoonmaker sal die meeste huishoudelike take verrig. Gaste moet asb. laat weet as hulle nie ‘n skoonmaker benodig nie.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Ferdi R
Saam met vriende
5.0
Nice break away from the city hustle and bustle. We had a nice stay. Loved the pizza oven and big fridge.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Klaas W
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gekuier is die ruim huis, baie lekker braai area en pizza oond. Baie lekker gebly, baie netjies en skoon, al die geriewe wat benodig is, d...
Sien meer
Jun 2025
Tebogo L
Gesin met tieners
5.0
An awesome short stay. Andrew was the best, he made sure that I understood everything and felt at home. Thanks, we will book it again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Lidia F
Gesin met klein kinders
5.0
Netjies, skoon, ruim, gerieflik. Baie lekker gebly, huis is ruim en het alles wat jy nodig het, linne was van goeie kwaliteit en die lekkerste matrass...
Sien meer
Des 2024
Nonhlanhla M
Saam met vriende
5.0
Good place for vacation. We had a great time with my friends.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 146 Olifant Drive, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink The Tortoise Shell het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 146 Olifant Drive, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANmEZYnYzjP0sCViWlhE6SoL6uP4QmGKP56xAFU2ivPNQYxUGWk?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8) 38 5 1 5 146 Olifant Drive Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -25.392731 31.760856

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang