The View in Mabalingwe
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Mabalingwe Game Reserve, Bela Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The View lodge in Mabalingwe bied verblyf op 'n koppie in die Groot 5 Mabalingwe Wildreservaat net 130 km vanaf Pretoria.
Dié selfsorghuis spog met 'n ongelooflike uitsig oor die Gorcum dam.
Dit is ideaal vir gesinne wat lief is vir die natuur of vir paartjies op soek na 'n privaat romantiese wegbreek.
Ontspan op die stoep vanwaar jy die seekoeie kan sien en hoor.
Luister vroegoggend na die leeus se gebrul en die visarend se geroep.
Met ons gratis wifi kan jy 'n midweek bespreek en stres vry in die bos kom werk.
Ontspan saans in n bad onder die sterre of stort vroegoggend met n uitsig op die dam.
Dié selfsorghuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Buite is n romantiese strort, bad en 'n toegeboude toilet.
Die huis het twee lugversorgers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n romantiese bad. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en albei kamers bied mooi uitsigte oor die dam. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en 'n koningingrootte-bed.
Die huis het ook 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, airfryer en 'n mikrogolfoond. Die leefarea het 'n TV met die volle DStv-pakket.
Daar is 'n privaat boma vir laatnag-braai onder die sterre en ‘n privaat swembad vir afkoel onder die bosveldson. Daar is ook n onderdakbraai op die stoep.
'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit en daar is parkeerplek onder 'n skadunet vir 2 voertuie.
Ons gee graag afslag vir besprekings in die middel van die week vir wittebroodspaartjies of paartjies wat hulle huweliksherdenking vier.
Geniet 'n gratis wildrit in jou eie voertuig of bespreek 'n wildrit in Mabalingwe se safari-voertuie by ontvangs. Daar is ander doendinge soos nag-wildritte, voëlkyk en perdry.
Mabalingwe bied ook gratis doendinge soos putt-putt, tennisbane, paddle bane n muurbalbaan, 'n pooltafel, speelkamer vir kinders, tafeltennis, 'n groot skaakstel en swembaddens insluitend 2 verhitte swembaddens.
Die plaaswinkel is oop vir besoekers en daar is 'n restaurant met uitsigte oor die dam.
Elements gholfbaan is net 20 minute van die huis af.
The View is 'n bosveld-ervaring wat jy vir altyd sal onthou!
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 325
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R516, Mabalingwe Game Reserve, Bela Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink The View in Mabalingwe het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Mabalingwe Game Reserve, Bela Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang