The Views
Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Feb 2025 tot 8 Des 2025.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Iris Road, Calypso Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 905R4 170 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
The Views is 'n lieflike smaakvol vyfslaapkamer-vakansiehuis in Calypso Strand, Langebaan, slegs 900 m vanaf die witsand swemstrand. Gaste kan 'n gedeeltelike see-uitsig vanaf die patio bo geniet.
Dié huis het 3 vlakke met 'n dubbelmotorhuis en heelwat parkeerplek op die terrein. Daar is 5 slaapkamers waarvan 3 en-suite is. Die ander 2 kamers het toegang tot 'n gedeelde badkamer. Die eerste vlak van die huis beskik oor 'n dubbelmotorhuis, 'n gastetoilet, 2 dubbelkamers wat toegang het tot 'n gedeelde badkamer, en 'n sitkamerarea met 'n TV. Die tweede vlak beskik oor 3 en suite-kamers, 'n klein sitkamerarea en die hoof kombuis. Die hoofslaapkamer en die sitkamer het albei 'n TV. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, oond, stoof, 'n mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser.
Die derde vlak is die onthaalarea en beskik oor 'n eetkamer met 'n etenstafel met sitplek vir 10, 'n gastetoilet, en 'n ander sitkamerarea met 'n TV. Die sitkamerarea lei na 'n patio met 'n braai, 'n Jacuzzi en 'n gedeeltelike see-uitsig. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.
The Views is gerieflik geleë met toegang tot besienswaardighede in en om Langebaan. Club Mykonos is 2,5 km weg en die Laguna Mall is 2,3 km weg. Gaste kan restaurante met 'n see-uitsig, Weskus Nasionale Park, Buffelsfontein Wildreservaat, Langebaan Country Estate en gholfbaan besoek, asook die pragtige lang strande wat al langs die Langebaan strandmeer strek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Juanita Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 129
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 5 Iris Road, Calypso Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink The Views het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Iris Road, Calypso Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang