The Yardt Guesthouse
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 12 Bekker Street, Trichardt, 2300, Mpumalanga
- Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Yardt Guesthouse is 'n gastehuis in Trichardt. Die N17-hoogweg loop langs die dorp verby. The Yardt is gebou volgens outydse idees. Ons bied goeie gehalte, vriendelike diens en bekostigbare verblyf in ons rustige tuin.
Daar is 7 pragtige gastekamers wat elk sy eie ingang en en suite-badkamers het. Al ons kamers is nuut opgeknap en elegant gemeubileer met soliede houtmeubels. Ons kamers word daagliks skoongemaak en bevorder dus ons higiëne.
Ontbyt is teen ekstra koste beskikbaar en word op die binne-stoep of in die tuin bedien. Die tuine is ook geskik vir troues, spesiale geleenthede en foto's.
The Yardt Tea Garden is ook op die perseel geleë. Gaste is welkom om te ontspan in ons teetuin, op die binne-patio of onder die bome. Ons bedien heerlike ontbyte, ligte peuselhappies en middagetes asook 'n verskeidenheid varsgebakte koeke en muffins en tee en koffie vanaf Maandag tot Saterdag. Ons kan spyseniering voorsien vir intieme privaat funksies, verjaarsdagpartytjies, kombuistee's, pamperlang-partytjies en ooievaarstee's. Ons kan ook gedigte- en musiekaande akkommodeer.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 12 Bekker Street, Trichardt, 2300, Mpumalanga
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 12 Bekker Street, Trichardt, 2300, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang