Successfully reported
+68

TheLAB Robertson

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2025 tot 31 Des 2025.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Klaasvoogds West, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 640 R2 376 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

theLAB Robertson is 'n Kaaps-Hollands-styl-gastehuis in die kleindorpie Klaasvoogds-Wes. Dit is langs die R60 tussen Robertson en Ashton geleë en net 160 km van Kaapstad af.

Die theLAB-kamers spog met die perfekte kontras tussen die pragtige platteland, die geskiedkundige Kaap-Hollandse geboue en eko-kamers met moderne geriewe en hoëvlaktegnologie. Elke kamer het lugversorging, 'n TV met Netflix, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe.

Die kamers se outomatiseer-stelsels sal ongetwyfeld die hoogtepunt van die wegbreek wees. Dit stel gaste in staat om hul kamers met hul stemme te beheer. 'n Paar van die kamers het ook privaat Jacuzzi's wat teen 'n ekstra koste gebruik kan word.

theLAB Robertson spog met 'n buitekroeg in 'n skaduryke area langs die swembad met 'n verskeidenheid drankies. Ontspan in die randdvloeiswembad op die dek en bewonder die uitsig oor die dam waar 'n rits voëlspesies baljaar, sowel as oor die wingerd en boorde.

Middagete en aandete word in die restaurant bedien. Die Wellness Cabin is teen die oewer van die dam en bied 'n verskeidenheid behandelings. Die terapeut kom slegs in vir afsprake. Konferensiegeriewe is beskikbaar in die theHUB-konferensiekamer vir 20 gaste waar hulle die uitsig vanuit die kamer en die moderne 55" Microsoft Surface HUB kan geniet.

Die geriewe sluit die huur van fietse en e-bromponies in, asook 'n gratis laaistasie vir elektriese voertuie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Nico K
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi kamers. Personeel baie vriendelik. Uitstekende ontbyt en aandete. Alles was great.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Peter M
Saam met vriende
5.0
Very enjoyable stay. Comfortable and very friendly, and close to all the areas we wanted to visit. Would definitely stay there again du...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Penny H
Saam met lewensmaat
5.0
A real treat! We thought The Lab was exceptional: quietly elegant, spotless, meticulously cared for, very comfortable. Food and dinner ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Vidette B
Besigheidsreis
5.0
Onvergeetlike atmosfeer. Alles van theLAB is ongelooflik! Perfek in alle opsigte.
Jun 2025
Tamsyn B
Saam met lewensmaat
5.0
A tranquil getaway with exceptional hospitality. The guest house is beautifully situated—surrounded by lush greenery and serene views t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Rita Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 55

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Klaasvoogds West, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink TheLAB Robertson het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 640
R 2 640 R 2 376
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R2 640
R 2 640 R 2 376
per nag, vir 2 mense
Vanaf R2 640
R 2 640 R 2 376
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Klaasvoogds West, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA22c6b6a895c78828ce425002ca8d4d9961551153554f80c90954ba142d310abc0ca1f4a1581f338081f930e48e73224e71bd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 640 nouVanaf R2 376 per nag, vir 2 mense 50 5 1 5 Klaasvoogds West Robertson 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -33.80173 19.988492

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang