Thokozani Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Jatinga Road 103, White River, 1240, Mpumalanga
- Vanaf R1 095 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Thokozani Lodge is 'n klein, plattelandse, grasdak-gastehuis wat bekoorlike verblyf in 'n subtropiese tuin met yslike bome en palms bied. Die gastehuis bied ook 'n aangename, privaat familie-atmosfeer en is in die hartjie van die Laeveld, slegs 6 km van Witrivier af en net 30 minute se ry vanaf die Krugerwildtuin, geleë.
Die gastehuis bied verblyf in kamers en huisies met dubbelbeddens of 2 enkelbeddens. Al die kamers en huisies het en suite-badkamers en is met handgemaakte, ongekunstelde houtmeubels ingerig. Alle beddens het muskietnette om 'n rustige nagrus te verseker, en elke kamer het 'n aparte ingang en 'n lieflike uitsig oor die tuin. Geniet 'n ontbyt in die eetkamer of op die stoep in die tuin.
Die tuin is 'n paradys vir verskeie voëlspesies en gaste kan lieflike uitsigte oor die Witrivier-vallei geniet. Koel in die swembad af of ontspan op 'n sonstoel onder 'n rietafdakkie. Gaste kan ook gerus die plaas verken, of na die oewers van die Witrivier wandel. Hier kan jy jou oë oophou vir die voëls, akkedisse, muishonde, klip- en waterlikkewane, of net op die rotse lê en ontspan. Daar is verskeie speletjies beskikbaar, asook 'n biljartkamer. Geniet 'n drankie op die terras terwyl jy die sonsondergang dophou of sit langs die vuurput onder die sterre en luister na die geluide van die boskrieke of die geroep van die houtuil.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Holger Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Jatinga Road 103, White River, 1240, Mpumalanga
- Gaste dink Thokozani Lodge het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Jatinga Road 103, White River, 1240, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang