Successfully reported

Thys'e Kombuis & Guest Farm

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
3.9
Waarde vir geld
3.9
Diens
4.3
Veiligheid
4.5
Dries C
1 nag Saam met vriende
4.8
Aug 2025

Verreikend vir almal. Baie lekker en waarde vir geld ontvang.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Marita S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2024

Pragtige omgewing, vriendelike mense. Rustige plaasomgewing. Restaurant op perseel bied uitstekende waarde vir geld en bring nostalgie terug met hul dekor. Vriendelike personeel. Grondpad na plaas kan vir lae voertuie 'n probleem wees, veral as dit nat is. 'n Koffiestasie in die kamer sal aangenaam wees i.p.v. 'n gemeenskaplike koffie ruimte.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Andrew S
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2024

Dit was stil en rustig. Hier het ons die mees welkom gevoel van al die plekke wat ons al besoek het. Annemie en haar werkers was uitsonderlik. Die restaurant se kos was uit die boonste rakke.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ansie V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Aug 2025

Ons het heerlik gebly, nie vyfster in weelde nie maar vyfster in lewe! Ons het heerlik gebly. Die verblyf is eenvoudig maar voldoende. 'n Mens vind rus vir jou siel en maak werklik kontak met die aarde en die blommeprag. Die pad is glad nie 'n probleem as jy rustig bestuur nie, selfs met 'n gewone sedanmotor. Ons gasvrou en haar 'meisies' was 'n groot lekkerte.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anton B
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Jul 2025

Mooi omgewing in die berge naby Kamieskroon. Selfsorg Dassie is 'n opslaanhuisie. Ons het in Julie daar gebly. Binne die huisie was dit nie te koud nie, maar die stoep was snags baie koud, alhoewel dit toegebou is. Mens moet oor die stoep om by die badkamer te kom. Die huisie is toegerus soos op die webtuiste se beskrywing en moenie meer (soos bakke om kos in warm te maak) verwag nie. Die huisie is op die plaaswerf en sy deure kon nie sluit nie, maar die personeel het ons verseker alles is veilig.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Dawie J
1 nag Saam met vriende
4.8
Aug 2024

Was die moeite werd om die 15 km plaas toe ry deur die berge! Baie lekker gekuier op die plaas, sou wou langer gekuier. Die personeel het ekstra moeite gedoen met ons as gaste.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Pierre N
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2024

Baie vriendelike gasheer en gasvrou. Die akkommodasie is baie netjies en gerieflik. Die spyskaart in die restaurant is uiters aanloklik. Ongelukkig het ons alles gehad vir 'n braai, maar die gasheer het 'n smaakvolle slaai vir ons voorberei. Die pad vanaf Kamieskroon tot op die plaas was 'n bietjie van 'n uitdaging nadat hulle taamlik baie reën gehad het. Die gasheer en gasvrou het ons verblyf baie aangenaam gemaak en ons het sommer tuis gevoel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dorothea T
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Sep 2024

Rustig. Baie lekker gebly en die staf het uit hul pad gegaan om die verblyf vir ons aangenaam te maak.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Philip V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Aug 2024

Ons het dit baie geniet. 'n Asbesverwarmer teen die muur het die kou uitgedoen. Verblyf was baie aangenaam. Die personeel is baie vriendelik. Daar is 'n gesellige restaurant. Daar is nie potte en panne in die huisie nie, maar dit word op aanvraag voorsien. Die enigste nadeel is die vreeslike slegte grondpad vanaf Kammieskroon om daar uit te kom.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
2.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Suzette B
1 nag Saam met lewensmaat
3.0
Aug 2024

Die foto skep 'n verkeerde indruk van hoe die blyplek lyk. Nee, die hooffoto (bo) het by ons die verkeerde indruk gewek. Die foto het gelyk soos 'n plaaskothuis, maar die huisie wat aan ons toegewys is, was Wendyhuis-agtig, langs 'n paar blyplekke wat lyk soos Wendyhuise. Elders, teen dieselfde prys of minder het ons veel meer gekry. Ons het elders blyplek gaan soek. Die vrou wat ons verwelkom het, was baie vriendelik en hulpvaardig.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Annemie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bovlei Farm, Kamiesberg Local Municipality, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe7c945930f107e64872b961929abc7af5ae3b4f95db2a4813d8b00f58f67f6bd7eae551e4816787a6c18f56150ce28c8071c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 Bovlei Farm Kamiesberg Local Municipality 8241 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.200298 18.042415
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang