Tin Can Glamping Caravan
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15 Scotston Road, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Vanaf R875 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Tin Can Glamping Caravan is op 'n kleinhoewe in Underberg geleë. Verblyf word in 'n ou, opgeknapte karavaan gebied waar gaste die uitsig oor die Umzimkulurivier kan bewonder. Met die karaktervolle grondpaaie, bergstroompies, sandsteenberge, knus kroeë en vriendelike inwoners sal alle Underberg-besoekers 'n onvergeetlike wegbreek hê.
Die karavaan het 'n koningingrootte-bed en is aan 'n hout-badkamereenheid met 'n stort en 'n toilet verbind. Daar is ook 'n sitarea, kaggel, kombuisie, en die houteenheid het 'n klein stoep waar gaste hulle skoene kan uitskop en die uitsig kan geniet.
Daar is 4 houthuisies waarvan gaste kan kies. Elke houthuisie het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Gaste kan die pragtige uitsigte geniet, asook die kaggel en die braaigeriewe.
Die kombuisie het 'n yskas wat met sonkrag werk, 'n gasstoof en 'n gasketel. Daar is ook draagbare braaigeriewe. Die badkamer maak van 'n gasgeiser gebruik en alle ligte werk met sonkrag.
Underberg is die ideale plek vir buitesport-entoesiaste en spog met fantastiese voetslaanpaaie, kunsvlieghengel-geleenthede, bergfietspaaie, gholfbane, riviervlotvaart-geleenthede en oorgenoeg visvang-bestemmings.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Adrienne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 15 Scotston Road, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Tin Can Glamping Caravan het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15 Scotston Road, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang