Successfully reported
+52

Toeka Wedding and Functions Venue

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R507, Buisfontein Farm, Klerksdorp, 2570, Noordwes
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Toeka Wedding and Functions Venue is in die prentjiemooi Buisfontein-area, wat bekend is vir sy wild en safari-lodges. Dit is net 16 minute se ry van Klerksdorp af en bied gehalteverblyf aan trougaste of diegene op soek na 'n rustige naweekwegbreek.

Toeka bied 'n verskeidenheid verblyf-opsies waaruit gaste kan kies. Die Triple-eenhede het elk 'n dubbelbed en 'n enkelbed sowel as 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is met 'n stoof, yskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het gemaklike sitplek en die eenhede spog met ondervloerverhitting en 'n stoepie wat 'n uitsig oor die wildplaas bied. Braaigeriewe is beskikbaar en hout word voorsien.

Die Gallery beskik oor 3 slaapkamers wat elkeen 'n dubbelbed het sowel as 'n gedeelde badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n stoepie wat uitkyk oor die wildplaas. Braaigeriewe is beskikbaar en hout word voorsien.

Die en suite-dubbelkamers is in die gastehuis en het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Dié kamers het elkeen ook 'n waaier.

Daar is ook 'n sakpas-opsie en hierdie kamers het elkeen 'n dubbelbed en maak gebruik van 'n gedeelde badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die sakpaskamers het elk tee- en koffiemaakgeriewe.

Die wittebroodsuite het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, toilet en wasbak. Die suite het ook 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging en ondervloerverhitting. Dit lei na 'n stoepie met 'n uitsig oor die wildsplaas.

Veilige parkeerplek op die perseel word voorsien.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.6
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Adunda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • R507, Buisfontein Farm, Klerksdorp, 2570, Noordwes
  • Gaste dink Toeka Wedding and Functions Venue het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R507, Buisfontein Farm, Klerksdorp, 2570, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaa06b8f14860fafb6f46276480d2ac0bcf0b2db5f9dbf6ca8d38190dd666c3017df038e8ddc47434c0986add0208592fa294?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 R507 Buisfontein Farm 2570 Noordwes 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -26.717114 26.514729
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang