Successfully reported
+31

Tranquil Tokai

Gastehuis
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Thatch Close, Tokai, Cape Town, 7945, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Tranquil Tokai is 'n pragtige gaste-suite met sonkrag in Tokai wat op 'n privaat woning se erf geleë is. Dié eiendom is naby die Constantia-wynroete, Steenberg- en Westlake-gholfbaan, die Blue Route-winkelsentrum en die Tokai-woud geleë. Dis 1,8 km vanaf die Melomed-hospitaal en 3 km vanaf die Amerikaanse Ambassade en Reddam-skool.

Die gaste-suite word via 'n mooi paadjie bereik en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed. Daar is 'n losstaande waaier. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n aparte, gerieflike sitarea met 'n TV en DStv Premium.

Die suite is toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n ketel en broodrooster. Let asb. dar daar nie 'n opwasbak is nie, maar die eenheid word daagliks skoongemaak. Gaste kan gerus die binnehof-area met die tafel, stoele en sambreel gebruik. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar en daar is ook WiFi.

Hierdie suite is tussen die berge en die see in die Tokai-vallei geleë, en bied verskeie buite-aktiwiteite in Kaapstad. Aktiwiteite wat gaste kan geniet sluit die Tokai-woud-wandelroetes, bergfietsryroetes, branderyplankry by Muizenberg-strand, en die Steenberg-gholfklubs in. Daar is verskeie restaurante in die omgewing soos die Buitenverwachting Restaurant, Jakes en Constantia Glen, Constantia-wynroete, en die gewilde Norval Foundation. Verder het die kusdorpie verskeie winkels, restaurante, kafees en 'n vissershawe.

Die Kirstenbosch Nasionale Tuine is 13 km vanaf die suite en gaste kan The World of Birds Wildlife Sanctuary en Houtbaai-hawe vir bootritte besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Erika C
Gesin met tieners
5.0
Rustige omgewing, veilig en waarde vir jou geld. Baie dankie, het lekker daar gebly en die gasvrou was baie vriendelik. Sal weer daar gaan bly.
Okt 2025
Marie R
Saam met lewensmaat
5.0
Enjoyable. We received a warm and friendly welcome on arrival. The accommodation was great.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Lorraine O
5.0
Tranquil, beautiful, worthwhile. My stay was very pleasant. The environment was peaceful. My hostess was friendly and very accommodatin...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Louis J
Besigheidsreis
5.0
Aangenaam. Suksesvol. Waarde vir geld. Ons het baie lekker gebly. Baie naby aan winkels en die Amerikaanse ambassade.
Jun 2025
Vicky L
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik naby US konsulaat. Mooi rustige omgewing. Bietjie ongemaklik om water vir ketel te tap in badkamer. Stukkie beskuit sou lekker wees saam met...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Wayne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 67

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 2 Thatch Close, Tokai, Cape Town, 7945, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tranquil Tokai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Thatch Close, Tokai, Cape Town, 7945, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc8d3f43032e8750ec4c6389a9eaed7f102dad4035711f6ceb209328eaeaca884bc2d78e0a90115eb9004f8a88334cdf8986a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2) 67 5 1 5 2 Thatch Close Tokai 7945 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.065076663369 18.439045830688

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang