Successfully reported
+98

Tsitsikamma Village Inn

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 116 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Darnell Street, Storms River, 6308, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 560 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Tsitsikamma Village Inn bied unieke akkommodasie vir paartjies, gesinne en avontuurlustiges in Stormsrivier op die pragtige Tuinroete. Die Tsitsikamma-dorpie het verskeie restaurante, sy eie mikrobrouery en is die ideale plek om te bly as jy beplan om die besienswaardighede rondom Stormsrivier te verken.

Die verblyf bestaan uit 'n verskeidenheid unieke kamers wat individueel versier is en elk sy eie badkamer het. Ons bied sakpastariewe en gerieflike verblyf. Die meeste van ons unieke kamers is rondom 'n tipiese dorpsplein gebou. Die geboue verteenwoordig verskillende boustyle wat in die Kaap-kolonie gedurende die 1800's gewild was en dié tema is oral in die dorp se geriewe te siene. Daar is gratis WiFi oral in die hotel. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, elektriese komberse, 'n televisie en tee- en koffiemaakgeriewe in.

De Oude Martha Restaurant bedien heilsame en heerlike daaglikse ontbyte, middagetes en aandetes. Die ander gewilde restaurante op die perseel is die karaktervolle Hunter's Pub en die informele Cafe Bacchus.

Langsaan bied Marilyn's 60s Diner 'n terugblik oor die jare met ouwêreldse motorfietse, voertuie, memorabilia en 'n tipiese kafee-spyskaart. Hulle is veral bekend vir reuse burgers en melkskommels. By Tsitsikamma Microbrewery langsaan kan jy van die reeks biere of van die verskeidenheid ander Suid-Afrikaanse boetiekbiere proe.

Ons hotel is die ideale blyplek as jy die omgewing se natuurlike besienswaardighede en avontuur-doendinge in die streek wil besigtig en beleef. Dit sluit voetslaan, bergfietsry, perdry, boomtop-avonture en reksprong in. Tussen uitstappies kan gaste in die swembad baljaar, die haarsalon besoek of in die speletjieskamer speel.

Die hotel is bekend vir sy goeie kos en ouwêreldse atmosfeer. Dit is vir jare lank al 'n gewilde opsie!

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 96 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Adele V
Gesin met tieners
5.0
Beste buffet in natuurskoon omgewing. Baie mooi met beste buffet ontbyt. Selfs die apies het buite ons venster baljaar in die bome en ons laat voel de...
Sien meer
Okt 2025
Erica G
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful stay with hubby. The Inn was beautiful, quaint with a retro vibe. The room was comfortable with an electric blanket for the c...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Lucy R
5.0
Amazing place. We were quite sorry that we could only stay one night due to our itinerary. What a beautiful setting! Reception was frie...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Mike S
Saam met lewensmaat
5.0
Very comfortable, clean and quiet. Great value, friendly staff, great location.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Janine E
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. Lovely and they went out of their way to leave a personal touch for our anniversary.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Irma Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 96

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Darnell Street, Storms River, 6308, Oos-Kaap
  • Gaste dink Tsitsikamma Village Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 560
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 560
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 560
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 116 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Darnell Street, Storms River, 6308, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZhMzg3M2UwLTk4YWUtNGMxOS04NThkLTYzNWIxOGRhM2U2NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 560 per nag, vir 2 mense 96 5 1 5 Darnell Street Storms River 6308 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.974363760561 23.886283636093

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang