Successfully reported
+14

Twitchers

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R533, Robbers Pass, 15 km from Pilgrims Rest, 1290, Mpumalanga
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Twitchers bied lieflike selfsorgverblyf in 'n privaat kothuis op dieslfde perseel as die eienaar, maar het 'n aparte ingang. Dit is op 'n plaas 15 km vanaf Pelgrimsrus geleë en is ideaal om die gewoel van die stad te ontsnap.

Hierdie losstaande kothuis is ideaal vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Hierdie kothuis het 'n knus leefarea en 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, halogeen-oond, yskassie, broodrooster, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Die kombuisie lei na 'n etenstafel met sitplek vir 3 en 'n sitarea met gemaklike sitplek. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die tuin het 'n tafel en stoele. Hierdie kothuis is op die rand van 'n woud geleë en geen oop vure word toegelaat nie, maar 'n gasbraai word voorsien. Tydens beurtkrag sal sonkrag elektrisiteit aan die kothuis voorsien. Let asb. dat daar steil trappe is wat na die kothuis lei. Daar is ook 'n maklike helling wat vanaf die parkeerarea na die kothuis lei.

Die kampeerplek het nie elektrisiteit nie maar het privaat ablusiegeriewe met 'n toilet en stort met 'n gasgeiser. Gaste het toegang tot braaigeriewe en 'n sementtafel en -bankie langs 'n stroompie.

Daar is 'n maklike staproete langs 'n riviertjie op die plaas en 'n privaat piekniekplek met braaigeriewe is ook beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Angela Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • R533, Robbers Pass, 15 km from Pilgrims Rest, 1290, Mpumalanga
  • Gaste dink Twitchers het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R533, Robbers Pass, 15 km from Pilgrims Rest, 1290, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7d38ee1465693c1f889254dde1ee73e2bb1ce0c2bfe70b7daf1a153204013884a066d8001d4a0168e12338166eb417a890ff?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 R533 Robbers Pass 1290 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.8978430938 30.665079504222
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang