Successfully reported
+18

Uitkomst Guest Farm

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitkomst (Farm), Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 800 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Uitkomst Guest Farm is 37 km buite Graaf-Reinet geleë en word omring deur die sprokiesagtige berge van die Camdeboo. Dit is die perfekte wegbreekplek, weg van die gejaag en gewoel van die alledaagse lewe. Gaste kan afskakel en die natuurskoon geniet.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbel- en 'n driekwartbed. Die derde is ingerig met 2 driekwartbeddens, terwyl die vierde slaapkamer met een gemeubileer is. Die eenheid het 'n aparte badkamer met 'n bad, stort en toilet.

Die gastehuis beskik oor 'n kombuis wat goed toegerus is met 'n yskas, vrieskas, oond, mikrogolfoond, ketel en broodrooster.

Daar is 'n eet- en TV-area toegerus met 'n kaggel met 'n lieflike patio wat toegang tot 'n tuin het. Die tuin het 'n ruim grasperk vir kinders om op te speel.

Gaste word aangemoedig om die plaaservaring te geniet en deel te neem aan aktiwiteite soos voetslaan, bergklim, interaksie met die diere, piekniek in die veld, trekkerritte vir die kinders, of 'n braai in die veld.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 58 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jacolette V
Gesin met tieners
5.0
Onvergeetlik! Dit was 'n onvergeetlike Karoo plaas ervaring! Die hemelruim snags en die natuurskoon bedags en die gasvryheid op die plaas sal ons weer...
Sien meer
Jul 2025
Leon H
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly! Baie lekker gebly in die mooi ou plaashuis. Gemaklik. Vriendelike ontvangs op die plaas. Baie veilig.
Jul 2025
Marietjie L
5.0
Great stay! Great stay, suited our needs perfectly. Lovely surroundings.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Gustav S
5.0
Lekker rustig. Lekker gebly. Mooi en rustig. Vriendelike ontvangs.
Des 2024
Elize J
5.0
Gasvryheid en 'n rustige atmosfeer. Beslis 'n wenner en sal weer besoek. Die atmosfeer is baie aangenaam. Dit was goed om te rus voordat ons die volge...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Janie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 58

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Uitkomst (Farm), Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Uitkomst Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 800
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 2 800
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitkomst (Farm), Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAVWZOQSlQqLIjShiz53Zc86fiSQOKlTJoTFfaHutw2LAsztv26v?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag, vir 8 mense 58 5 1 5 Uitkomst (Farm) Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.293145818626 24.253928661346

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang